JOU FOTO

Jou slim­foon is nie net vir ge­sels, W­hat­sApp en Can­dy Crush nie. Dié drie le­sers het be­son­der­se foto’s ge­neem met hul­le slim­foon.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Deur Le­on Bo­tha

As jy die re­ëls rég ver­breek

Die Kru­ger­wild­tuin is nie net vir Groot Vyf kyk nie. Vra maar vir

Cor­rie Ca­litz van Bal­li­to, wat dié be­son­der­se foto ge­neem het ter­wyl hy en sy vrou ske­mer­kel­kies ge­niet het. “Ek het hier­die foto by die Suns­et­dam na­by On­der-Sa­bie in die Kru­ger ge­neem. Al­les was dood­stil en daar was geen wind nie. Ek en my vrou, Cor­ne­lia, het be­sluit om die dag met ’n ske­mer­kel­kie af te sluit toe ’n nim­mer­sat heel rus­tig kom en in die wa­ter kos soek.

Ek het die foto in swart-en-wit ge­neem om die kon­tras tus­sen die wol­ke en die vo­ël uit te lig. Ek het die weer­kaat­sing van die boom met die nes­te ook pro­beer vas­vang.” ’n Goeie foto be­staan meest­al uit een­vou­di­ge e­le­men­te en het ook ’n spe­si­fie­ke fo­kus­punt. Cor­rie slaag in die eer­ste ge­val, maar sy foto het twéé fo­kus­pun­te: Die nim­mer­sat en die boom. Dis ’n ge­val van die re­ëls wat ver­breek word. Al spring ’n mens se oog van die een na die an­der, is daar niks anders wat jou aan­dag van die twee pun­te af­lei nie. Trou­ens, ter­wyl die boom bloot ’n sil­hoe­ët is, kan ’n mens van die de­tail rondom die nim­mer­sat sien. Jou oog loer dus ’n bie­tjie langer hier rond ter­wyl jy sy oop bek in die wa­ter – én sy weer­kaat­sing – sien.

Cor­rie breek nóg re­ël, en dit is om die ho­ri­son pre­sies in die mid­del van die foto te plaas. Boon­op staan die boom soos ’n an­ker in die mid­del van die foto (en die ho­ri­son), maar die slim pla­sing van die vo­ël in die raam ver­steur al hier­die e­we­wi­ge­le­men­te, wat dit eer­der om­swaai in goeie kom­po­si­sie.

Niks van dié e­le­men­te kan saam werk vir ’n goeie foto as daar nie ook groot oop ruim­tes – op hier­die foto die lug en die dam – is nie. Hier­die ruim­tes, die so­ge­naam­de ne­ga­tie­we spa­sie, ba­lan­seer 100% met die vo­ël en die boom. Goeie foto!

iP­ho­ne 7 Plus; 3,99 mm (28 mm in ’n 35 mm-ka­me­ra); 1/1 400 van ’n se­kon­de; f1,8; ISO 20

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.