MY WIELE

Jy hoef nie nood­wen­dig ’n nuwe kar te koop om ’n be­trou­ba­re ry­ding te hê nie. Dié drie le­sers het al­mal twee­de­hand­se mo­del­le aan­ge­skaf, en hul­le het net goeie din­ge te sê.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

2000 MIT­SUBIS­HI COLT RODEO 2.8 TDI 4X4

As jy weet wat on­der die en­jin­kap aan­gaan en ge­dul­dig ge­noeg is om in jou vrye tyd aan jou ry­ding te werk, kan jy min­der vir jou kar be­taal en boon­op nog spaar deur hom self te diens, sê Ge­or­ge Wet­se­laar van Iswe­pe in M­pu­ma­lan­ga. In 2006 be­sluit ek ek wil my eie diep­see­boot aan­skaf om te gaan hen­gel. Maar vóór ek die boot kon aan­skaf, moes ek eers ’n 4x4 koop en leer hoe om die boot van die strand af te wa­ter te laat. Ek wou dit nét so goed doen soos die ou­ens by Sod­wa­na in K­waZu­lu-Na­tal.

Ek moes my be­gro­ting in ge­dag­te hou, en het be­sef ek gaan my sto­rie in die twee­de­hand­se­mark moet ken. Ek het be­sluit die Mit­subis­hi Colt Rodeo 4x4 is pre­sies wat ek no­dig het. Ek het ’n 2000

mo­del op­ge­spoor, en hoe­wel hy ’n snaak­se ge­luid ge­maak het, het hy goed ge­noeg ge­ry. Ek het dié self­doen­pro­jek vir R60 000 ge­koop. Ge­luk­kig het ek reeds ge­weet wat vir die snaak­se ge­luid ver­ant­woor­de­lik was – on­klaar in­spui­ters.

Die Colt het in daar­die sta­di­um

210 000 km op die klok ge­had en die bin­ne­ruim was nog in ’n goeie toe­stand – selfs die oor­spronk­li­ke Bec­ker-ra­dio het nog ge­werk.

Ek het toe vir my ’n 17 voet-In­va­der

Cat Ski, ’n 1988-mo­del, aan­ge­skaf vir my hen­ge­l­a­von­tu­re. Ek het hom ook goed­koop ge­kry en self op­ge­dol­lie.

Met dié kom­bi­na­sie het ek ver­skeie rei­se tus­sen Iswe­pe en die Noord­kus on­der­neem, en selfs ’n keer of wat tot in Mo­sam­biek ge­ry. Ek het vir die bak­kie ’n haak en wen­as voor aan­ge­bring.

Die en­jin het uit­ein­de­lik op 293 000 km die gees ge­gee en ek het be­sluit om hom heel­te­mal oor te bou. Ek het die on­der­de­le ge­koop en al­les self ge­doen. Ek het ook die dui­ke uit­ge­klop en hom self ge­spuit­verf.

Ek het on­langs ’n 2005 Jur­gens Ex­clu­si­ve ge­koop en ’n lug­rem aan­ge­bring om aan die wet­li­ke ver­eis­tes te vol­doen. Die bak­kie sleep nie juis die wê­reld aan die brand nie, maar doen dit nie­te­min ge­mak­lik. Son­der ’n wa op die haak gee hy my ge­mid­deld

11,4 ℓ/100 km en ek kry 14,5 ℓ/100 km wan­neer ek sleep. Ek het nou al in die om­ge­wing van

R60 000 op die Colt be­stee, en aan­ge­sien ek bin­ne­kort met pen­si­oen gaan, is ek van plan om tot op my ein­de met dié bak­kie Sod­wa­na toe te ry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.