NUWE RYGOED

Die F-Pa­ce se suk­ses­se was nie ge­noeg vir Ja­guar nie; nou ding hy mee in die luuk­se­kom­pak­te­sport­nuts­voer­tuig­mark. Ons ry ’n draai met die E-Pa­ce.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Teks Cy­ril Klop­per

S­port­nuts­voer­tuie word net al hoe ge­wil­der, ver­al kompakte sportnutse, en voer­tuig­ver­vaar­di­gers slaan munt uit rygoed soos die Hyun­dai Tu­c­son en Kia S­por­ta­ge. Maar as jy kans sien om ’n ek­stra paar pit­te uit jou beur­sie te skud kan jy luuk­ser sportnutse soos die Mer­ce­des-Benz GLA, BMW X2, Au­di Q3 en nou ook die Ja­guar E-Pa­ce oor­weeg.

Daar is twee en­ji­nop­sies: Tur­bo­die­sel en tur­bo­pe­trol, wat elk ver­der op­ge­deel is in ver­skeie mo­del­le vol­gens krag­le­we­ring- en af­wer­kings­vlak­ke. Die ba­sis­mo­del is die D150 die­sel (110 kW, 380 Nm) en die top­mo­del ’n pe­trol­ge­dre­we P300 HSE (221 kW, 400 Nm).

Bui­te­langs

Die E-Pa­ce is in we­se ’n klein F-Pa­ce, hoe­wel Ja­guar ver­kies om dit as ’n u­nie­ke pro­duk te be­mark. Die E-Pa­ce ge­bruik Ja­guar-Land Ro­ver se D8-plat­form (on­der­stel, ve­ring, as­se) wat ook ’n ba­sis vorm vir die Ran­ge Ro­ver E­vo­que en Land Ro­ver Dis­co­ve­ry S­port.

Bui­ten dat hy soos ’n klein F-Pa­ce lyk, is daar ook sti­lis­tie­se oor­een­koms­te met die lief­li­ke Ja­guar F-Ty­pe, ver­al die traan­vor­mi­ge sy­rui­te.

Bin­ne­langs

Die bin­ne­ruim her­in­ner sterk aan die Ja­guar XE-se­dan­mo­tor, net ’n bie­tjie knus­ser. Been­spa­sie voor­langs is gaaf, maar die ag­ter­sit­plek­ke het ’n te­kort daar­aan. As Ma of Pa lang be­ne het, gaan die kin­ders op die ag­ter­bank kort voor lank be­gin kerm.

Die ba­ga­sie­ruim is ver­ba­send groot (577 ℓ) as ’n mens die E-Pa­ce se kor­da­ter af­me­tings in ag neem, en jy kan ’n gholf­sak mét stok­ke dwars in­laai.

Die E-Pa­ce het vyf USB-sok­ke om e­lek­tro­ni­ka te laai en ’n wi­fi-so­ne waar­aan agt slim­fo­ne kan aan­meld. Daar is ook tal­le apps soos S­po­ti­fi, S­tit­cher, Ti­le en G­lymp­se op die rit­re­ke­naar. Moe­nie sleg voel as jy so min dáár­van weet as ’n kat van saf­fraan nie. Die E-Pa­ce is ont­werp vir mil­len­ni­ërs wat on­langs goeie geld be­gin maak het en hul­le­self wil be­loon.

Só ry hy

Dis tjoep­stil bin­ne die E-Pa­ce, selfs ter­wyl jy ry. Wan­neer jy die pe­trol­pe­daal trap, is daai ken­mer­ken­de Ja­guar-grom on­ge­luk­kig ver­vang met ’n be­dees­de brom­ge­luid.

Ver­snel­ling is be­vre­di­gend, ver­al met die P300-top­mo­del, maar daar is tog ’n las­ti­ge tyd­jie van ’n paar mil­li­se­kon­des van­dat jy voet in die hoek sit tot­dat daar iets ge­beur. Dis as­of die rat­kas eers ’n bie­tjie dink of hy na jou moet luis­ter of nie. Wan­neer hy wel re­a­geer, ver­loop din­ge vin­nig. In dié ver­band is die Mer­ce­des GLA en Au­di Q3 se rat­kas­te be­ter. Die stuur­wiel is nie so sen­si­tief as met ’n Al­fa Ro­meo-pro­duk nie. Ons sou die stuur­ak­sie be­slis nie as vaag be­skryf nie, maar ’n mens ver­wag dat hier­die buk­sie vin­ni­ger van rig­ting sou kon ver­an­der. Dalk is dit be­ter so, want di­rek­te stuur­ak­sie in die han­de van ’n groen­tjie is moei­lik­heid soek.

Hoe­wel die E-Pa­ce al­le­wiel­aan­ge­dre­we is, sluit die rit­mo­dus-pro­gram­ma­tuur nie ’n veld­ry­mo­dus in nie. Dit pla nie reg­tig nie, want jy koop ui­ter­aard nie ’n Ja­guar om bos­se plat te stoot nie.

Slot­som

Die goed­koop­ste E-Pa­ce kos R598 500, wat heel bil­lik is ver­ge­le­ke met sy me­de­din­gers, maar as jy slegs ’n hand­jie vol ba­sie­se ek­stras by­neem, soos ge­kleur­de bak­verf, 19”- eer­der as die stan­daard-17”-ban­de, leer­be­kleed­sel en vloer­mat­jies, gaan hy min­stens R50 000 meer kos. As jy die P300-mo­del met ál die ek­stras neem, kan jy tot R1 143 800 be­taal.

Kyk die kat dus eers goed uit die boom voor jy te­ken, want an­der luuk­se ver­vaar­di­gers bied se­ke­re ka­toe­ters stan­daard aan – BMW sal jou by­voor­beeld nie ek­stra geld vra vir me­taal­vlok­verf nie. ’n Au­di Q3 is ook goeie waar­de vir geld, al is hy nie so wind­gat soos die E-Pa­ce nie.

BLOUOOGMEISIE. Die Pi­rel­li P Ze­ro-ban­de is nie juis ge­skik vir grond­paaie nie, maar hul­le is tjoep­stil op ’n snel­weg. Jy kan ook 21”-wiele laat aan­bring, maar dan kan jy glad nie grond­pad ry nie.

KAATJIE VAN DIE BAAN. Die reu­se­raak­skerm en net­jie­se stik­werk in die leer­be­kleed­sel is def­tig, maar dis die in­stru­men­te­pa­neel wat óm jou krul wat die mees­te be­ïn­druk. Die mam­ma-ja­guar en haar wel­pie in die voor­ruit se raam is ook ’n ou­li­ke de­tail.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.