LA S­port se snor­kel

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Lo­cal is lek­ker, en geen 4x4-toe­be­ho­re­ver­vaar­di­gers is méér lo­cal as LA S­port nie. Die maat­skap­py het on­langs ’n nuwe snor­kel ont­wik­kel wat plaas­lik ver­vaar­dig word. Dit word ge­maak van li­ne­ê­re­la­e­digt­heid-po­li­ë­ti­leen wat ver­al be­stand is teen die A­fri­ka­son.

Die snor­kel is uit een stuk ge­maak en die lug­in­laat sit teen­aan jou voer­tuig se dak. Die voor­deel hier­van is dat die snor­kel se kop nie deur tak­ke af­ge­ruk kan word nie. ( Ter­loops, as jou Land Crui­ser V8-die­sel se stan­daard-snor­kel­kop so weg­ge­raak het, ver­koop LA S­port ’n ver­van­ging).

LA S­port se snor­kel­kop het min­der wind­ge­raas en laat meer lug na die en­jin toe. Pry­se wis­sel van R3 450 vir ’n Hi­lux-snor­kel tot R4 995 vir ’n Land Crui­ser-een. Laas­ge­noem­de se prys is on­der­he­wig aan ver­an­de­ring aan­ge­sien die eer­ste be­sen­ding snor­kels teen druk­tyd nog nie deur han­de­laars be­skik­baar was nie. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.