Vin­nig, mak­lik en heer­lik

Weg! Ry & Sleep - - KAMPKOS -

Hier­die pas­ta is een van my kamp­staat­ma­kers om­dat jy nie ’n ys­kas no­dig het nie.

Jy be­no­dig

(ge­noeg vir 4-6) 1 pak (500 g) pas­tas­kroe­fies 100 ml G­riek­se vi­nai­gret­te (of iets soort­ge­lyks) – ons het PnP s’n ge­bruik 1-2 blik­kies (170 g elk) tuna ’n hand vol ka­la­ma­ta-o­ly­we 2 heel ta­ma­ties, in blok­kies ge­sny (of ge­bruik ’n kop­pie ker­sie­ta­ma­ties wat jy mid­del­deur sny) 2 kop­pies slaai­bla­re soos ro­ket of ba­bas­pi­na­sie (op­si­o­neel) sout en swart­pe­per na smaak

Só maak jy

1 Kook die pas­ta vol­gens die aan­wy­sings op die pak­kie in ’n groot pot met sout­wa­ter. D­rei­neer die pas­ta en gooi die slaai­sous oor ter­wyl die pas­ta nog lou­warm is. Laat dit een­kant af­koel.

2 Meng die tuna, o­ly­we en ta­ma­ties deur die pas­ta. Roer laas­tens die slaai­bla­re deur, geur dit na smaak met sout en pa­per, en sit dit da­de­lik voor. Weg Ry & Sleep sê Jy kan ook kaas­blok­kies, pi­kant­ris­sies, ge­kap­te kom­kom­mer en vars ris­sies by dié slaai voeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.