LUGSAKDOMKRAG

Weg! Ry & Sleep - - 4x4-PROFESSOR -

Die lugsakdomkrag se oor­sprong lê by on­der­wa­ter­bal­lon­ne wat dui­kers ge­bruik om swaar voor­wer­pe van die see­bo­dem na die op­per­vlak te bring. Ons weet nie wie eer­ste daar­aan ge­dink het om dit op voer­tuie toe te pas nie, maar dit was ’n lo­gie­se stap.

Som­mi­ge men­se hou van ’n lug­sak; an­der ver­pes dit. Die voor­de­le is dat hy dank­sy ’n groot “voet” lek­ker in sand en mod­der werk en nie kan om­val (en tot be­se­rings lei) nie. Die na­de­le is dat hy voer­tuigon­der­de­le van sag­te me­taal – soos ver­gas­sers en lang­af­stand­tenks – kan buig as jy hom op die ver­keer­de plek op­pomp. Hy kan ook skeur as hy teen­aan ’n skerp voor­werp on­der jou voer­tuig druk. Die groot­ste klag­te is eg­ter dat lug­sak­ke baie pak­plek in jou voer­tuig op­neem en jy twee of selfs drie men­se no­dig het om dit te ge­bruik – een om die pyp in plek te hou en ’n an­der om se­ker te maak hy be­ska­dig nie jou voer­tuig nie. As jy ’n lug­sak oor­weeg, soek die soort wat met jou mo­tor se uit­laat­pyp én ’n kom­pres­sor werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.