G’n klag­tes nie, dan­kie

Weg! Ry & Sleep - - MY WIELE -

2003 MIT­SUBIS­HI PAJERO 3.2 DI-D LWB Die laas­te 14 jaar was ’n fees in sy Pajero, maar hy sou kon doen met ’n bie­tjie meer krag, sê

Jan E­ber­sohn van S­tel­len­bosch. Ek het dit oor­weeg om vir my ’n Volks­wa­gen Tou­a­reg 4.2-V8 te koop, maar het eers my skoon­seun s’n ge­leen en ’n ruk lank met hom ge­sleep om ’n ge­voel te kry vir die ry­ding. Maar na­dat ek my beur­sie moes skud vir ’n ver­bruik­sy­fer van meer as 30 ℓ/100 km, het ek be­sluit ek moet eer­der ’n die­sel­en­jin soek. Ek het dié twee­de­hand­se Mit­subis­hi Pajero

in 2004 vir R250 000 ge­koop. Hy is swaar ge­noeg om my groot ou 1984 Ga­zel­le 2100 son­der moei­te te sleep. Ek glo ’n or­dent­li­ke sleep­voer­tuig moet min­stens 250 kW krag en

500 Nm wring­krag hê om moei­te­loos te sleep. Daar­om is my droom­voer­tuig die Mer­ce­des

Benz G-klas. Selfs die mees be­kos­tig­ba­re mo­del is sterk ge­noeg en meer as be­kwaam.

Ek het nie veel klag­tes oor my Pajero nie. Hy han­teer ewe goed op grond- en teer­pad, maar daar is net te min krag na my sin. Sy ou­to­ma­tie­se rat­kas met sy hand­rat­funk­sie maak eg­ter kor­te met­te van sleep. Ek ry ge­mid­deld 90-100 km/h, maar die Pajero suk­kel nie om teen 120 km/h te draf nie. Ek ge­bruik Mit­subis­hi se stan­daard­sleep­stang, en met die Ga­zel­le op die haak kry ek 16-20 ℓ/100 km. In die dorp gee hy my son­der die wa 12 ℓ/100 km en op die oop­pad is ek te­vre­de met 9 ℓ/100 km.

Ek moes die rat­kas op 320 000 km ver­vang, maar be­hal­we dit was die Pajero niks min­der nie as ’n be­trou­ba­re werk­e­sel. Ek het ook ’n lug­rem-om­bou­ing laat doen om die Ga­zel­le bin­ne die wet te sleep.

Fo­re­ver Bad­plaas is een van my guns­te­ling­be­stem­mings, want die oord is goed toe­ge­rus en hul­le sien om na al­mal se be­hoef­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.