RY-INDRUK

Die Ma­se­ra­ti Le­van­te voel min­lik en vreed­saam... tot jy die sport­mo­dus­knop­pie druk. Cy­ril Klop­per ver­tel.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Vyf­tien jaar ge­le­de het Porsche die luuk­se­voer­tuig­mark le­lik deur­me­kaar ge­krap met sy Cayen­ne. B­rit­se en I­ta­li­aan­se sport­mo­tor­ver­vaar­di­gers het eers teen die sport­nuts­gier vas­ge­skop, maar die skrif was aan die muur en el­ke mo­tor­ver­vaar­di­ger het met­ter­tyd aan­vaar jy móét ’n sport­nuts in jou ar­se­naal hê as jy suk­ses­vol wil wees. Dees­dae het Ja­guar ’n F-Pa­ce, Al­fa ’n S­tel­vio, eers­daags is daar ’n Lam­bor­g­hi­ni Urus op ons paaie, en Fer­ra­ri én Rolls-Roy­ce werk on­ver­poos om ook húl­le sport­nuts oor ’n jaar of twee ge­reed te hê.

Vel­dry­ver­moë is nie meer so be­lang­rik as wat dit voor­heen was nie. So­lank ’n weel­de­ri­ge ry­ding al­le­wiel­aan­ge­dre­we is en jy op die ou in die kar langs jou kan neer­kyk, is die saak reg. Ons toets Ma­se­ra­ti se Le­van­te S op berg­pas­se en sand­dui­ne om te kyk of hy kán.

Wat het ons hier?

Die Ma­se­ra­ti Le­van­te is ’n gróót me­neer. Teen 5 003 mm is hy 148 mm lan­ger as die Porsche Cayen­ne en ook 29 mm bre­ër. Die Le­van­te is dui­de­lik trots om ’n Ma­se­ra­ti te wees, want hy pronk met ’n vol­le agt van Ma­se­ra­ti se ken­mer­ken­de drie­tand­vurk-ken­te­kens op die bak­werk en wiel­vel­lings. Daar’s ook tal­le Ma­se­ra­ti-ken­te­kens in die bin­ne­ruim én on­der die en­jin­kap.

Die groep van drie ven­ti­la­sie­ga­te skuins >

bo die voor­wiel lyk lek­ker, maar dit is te be­twy­fel of dit ’n prak­tie­se nut het. Die rooi B­rem­bo-rem­kny­pers bin­ne die 21”-wiel­vel­lings lyk ook be­son­der goed, maar an­ders as met die ven­ti­la­sie­ga­te het hul­le be­slis ’n nut én hul­le werk uit­ste­kend.

Ons weet die Le­van­te is ’n mooi ry­ding. Jy kan dit meet aan die aan­tal voet­gan­gers wat jou aan­gaap. Par­ty men­se wys vin­ger (ge­luk­kig net die wys­vin­ger) en klop aan hul­le maat se skou­er ter­wyl jy ver­by­ry. BMW’s wyk selfs uit die vin­ni­ge baan om plek te maak vir jou – dis waar. Dié soort re­ak­sie kry jy nie som­mer met e­ni­ge mo­tor nie, hoor!

Bin­ne­langs is die Le­van­te luuks ver­by met def­ti­ge leer­be­kleed­sel en kool­stof­ve­sel­pa­ne­le op die mid­del­kon­so­le. Die sit­plek­ke on­der­steun jou lyf op die reg­te plek­ke en dit voel nooit of jy uit hul­le gaan gly as jy haas­tig deur ’n draai glip nie. Ag­ter­langs is daar ho­pe been­ruim­te en selfs lang pas­sa­siers sal ge­mak­lik in­pas.

Langs die rat­hef­boom is vier rit­mo­dus­knop­pies. Hier kan jy kies of jy brand­stof wil be­spaar deur die ICE-knop te druk, die nor­ma­le mo­dus wil ge­bruik, of ge­raas wil maak in die sport­mo­dus. Daar is ook ’n Off Ro­ad-knop­pie wat die lug­ve­ring 40 mm bo die stan­daar­drit­hoog­te lig.

Wan­neer jy par­keer, sal die Le­van­te se lug­ve­ring tot 45 mm la­er as die stan­daar­drit­hoog­te sak so­dat kort men­se nie hoef uit te spring of te strek om weer in te klim nie.

Wat blaf so?

Die Le­van­te se dub­bel­tur­bo-V6 word deur Fer­ra­ri in Ma­ra­nel­lo, I­ta­lië, ge­bou, maar on­danks sy s­tam­boek hoor jy die V6 kwa­lik bo die ge­druis van die voer­tuie rond­om jou. >

Ons weet die Le­van­te is ’n mooi ry­ding. Jy kan dit meet aan die aan­tal voet­gan­gers wat jou aan­gaap.

Maar dit is net tot­dat jy die sport­mo­dus­knop­pie druk... dan be­gin die uit­laat­pyp knor­rig prut­tel en die lug­ve­ring sak nes U­sain Bolt wat in sy weg­spring­blok­ke hurk.

Die uit­laat­stel­sel werk am­per soos ’n blaas­mu­siek­in­stru­ment: In die sport­mo­dus swaai klep­pe in die uit­laat­stel­sel oop om uit­laat­gas­se deur ’n kor­ter roe­te te ka­na­li­seer. Dít ver­an­der die klank na daai ken­mer­ken­de Ma­se­ra­ti-grom­mel én die en­jin le­wer ho­ër krag en wring­krag. El­ke trek aan die a­lu­mi­ni­um­rat­wis­sel­pe­da­le ver­oor­saak ’n blaf uit die uit­laat­pyp. In die sport­mo­dus kan jy die rat­kas dwing om in ’n ge­ko­se rat te bly tot­dat jý be­sluit dis tyd om te wis­sel. Trap die pe­trol­pe­daal en luis­ter hoe die grom­ge­luid ge­lei­de­lik ver­vang word met die hees fluit van die dub­be­le tur­bo­aan­ja­ers, ge­volg deur nóg ’n har­de blaf wat voet­gan­gers laat rond­kyk. Dis on­be­skryf­lik lek­ker.

Maar hoe vaar die Le­van­te in die veld­ry­mo­dus? Jy hys die romp ho­ër met die Off Ro­ad-knop­pie so­dat die on­der­stel nie op ’n mid­del­man­ne­tjie skraap of die bak­verf deur klip­pies ge­piets word nie. Dis vol­doen­de vir grond­paaie en sneeu, maar wat van mod­der en sand? Ons kon nê­rens mod­der langs die kus vind nie, maar daar was oor­ge­noeg los sand. Jy kan nie die lug­druk in die Le­van­te se la­e­pro­fiel­ban­de noe­mens­waar­dig ver­laag nie en ons kon vin­nig ag­ter­kom sand is die Le­van­te S se A­chil­les­hiel.

Slot­som

Nes die Porsche Cayen­ne, Al­fa Ro­meo S­tel­vio en by­na el­ke BMW X-reeks is die Ma­se­ra­ti Le­van­te eer­der tuis op ’n teer­pad as in har­de­baard­toe­stan­de. Ons kan ons nie voor­stel dat e­nig­ie­mand ’n Le­van­te sal koop om in die dui­ne te speel nie, maar hy’s heel­te­mal in staat om ’n sleg­te grond­pad aan te durf – pas­op net vir daai dun ban­de.

LEK­KER BY DIE SEE. Die Le­van­te is geen dui­ne­be­sie nie, maar die al­le­wiel­aan­dry­wing sal jou uit ma­ti­ge ver­knor­sings help. Die pik­swart bak­verf weer­kaats feit­lik geen son­lig nie, maar van na­by be­kyk, skit­ter die me­taal­vlok­verf in al die kleu­re van ’n re­ën­boog.

HOE ROOIER, HOE MOOIER. Die Le­van­te is nie vir in­ge­toë men­se nie. Ál­les om­trent hom spreek van self­ver­troue en suk­ses. Die flam­bo­jan­te bin­ne­ruim lyk nie net goed nie, maar is ook prak­ties en ge­mak­lik. Ons e­nig­ste klag­te is die 21”-ban­de. Goed, dis dalk spog­ge­rig, maar dit be­perk die Le­van­te tot teer­paaie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.