IETS AN­DERS

’n Mens is net so oud soos jy voel, sê Jaco Bergh van Dur­ban­vil­le, wat saam met sy goeie vriend in hul­le klas­sie­ke Land Ro­ver en be­trou­ba­re ou S­pri­te-woon­wa gaan kamp het.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Ver­werk deur Ky­le Kock Fo­to’s Jaco Bergh

Ek en my bes­te pêl, Le­on Ver­meu­len, is kra­ni­ge kam­peer­ders en ons be­spreek al ge­rui­me tyd die moont­lik­heid om met A­ga­rob en En­gel­tjie te gaan kamp. A­ga­rob is my 1968 Land Ro­ver Se­ries 2A en En­gel­tjie is Le­on se 1969 S­pri­te Mus­ke­teer-woon­wa. Ons hou van ’n uit­da­ging en wou sien of dit prak­ties moont­lik is son­der e­ni­ge te­ë­spoed.

Ont­hou, man­ne wat nog met dié reeks Land Ro­vers ry, waai nie om te groet nie, maar eer­der om te wys hul­le han­de is so­ver nog skoon vir die dag.

Ons het on­langs uit Dur­ban­vil­le ver­trek en op die Wes­kus­pad na Y­zer­fon­tein ge­ry. Ons het selfs ons kle­re­drag uit­ge­kies om by die ge­leent­heid te pas – Le­on het sterk her­in­ner aan ’n slink­se En­gel­se ban­kier uit die ja­re ses­tig. Dit was nog­al iets om te aan­skou.

Soos die oom wat nie “v” of “w” kon sê nie en maar ’n “p” ge­bruik het, kap ons aan so teen “pyp­tig, py­pen­py­tig” myl per uur in die Wes­kus se rig­ting.

Die 2,25 ℓ-en­jin (50 kW) se pe­trol­ver­bruik was 22 ℓ/100 km – da­rem nie so erg soos ek ver­wag het nie. Die sit­plek­ke was nie ge­mak­lik nie, maar die Pa­na­do het daar­voor ge­help.

Ons vroue, kin­ders en vrien­de het met a­par­te voer­tuie ge­ry om by­stand te ver­leen, in­dien no­dig. Dit was ’n ge­sel­li­ge kamp en die weer prag­tig – en soos ge­woon­lik het ons baie tyd om die kamp­vuur deur­ge­bring. Die kamp­ter­rein by Y­zer­fon­tein word goed on­der­hou, die re­ëls word toe­ge­pas, en dis al­tyd ge­wild on­der kam­peer­ders.

Ná die kamp het ons ge­haak en die lang­pad te­rug Kaap toe aan­ge­durf. Om­trent so half­pad op pad te­rug ry ons in ’n swerm bye in en ek sê vir Le­on dis tyd om op te hou stoot en in te klim. Ek maak na­tuur­lik net ’n grap, maar die Kaap­se Dok­ter het ons be­hoor­lik op­draan­de ge­gee en ons het teen 60-70 km/h te­rug­ge­ry.

Die baie skuins hel­ling op die Vis­sers­hok­pad op pad na Meer­en­dal het my ef­fens ge­kwel, maar ons is daar uit in twee­de rat. Dit was da­rem nie no­dig vir don­kie­rat nie…

Ons het ons doel­wit be­reik en sal vir lank nog te­rug­kyk en lag oor die uit­stap­pie. Ek sal eg­ter nie die kom­bi­na­sie vir e­nig­ie­mand aan­be­veel nie en twy­fel of dit in die ou tyd ’n ge­wil­de keu­se on­der sle­pers was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.