‘KOORS’ IS ’N GOEIE DING

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - JO­HAN VOR­STER Wind­hoek

Ek ver­wys na die skok­bre­ker-ar­ti­kel in die Fe­bru­a­rie 2018-uit­ga­we van Weg Ry & Sleep. Hier is nog raad wat ek self al lan­ger as 40 jaar toe­pas. As jy ver­moed jou voer­tuig se skok­bre­kers is ge­daan, sit ’n seil of mat in jou kar en ry so­wat 20 km grond­pad. Trek af waar dit vei­lig is, ver­kies­lik op ’n ge­lyk stuk­kie aar­de. Sit nou die seil­tjie of mat on­der die voer­tuig, dig­by die skok­bre­kers, en kruip ef­fens on­der die kar in. Voel aan die on­der­ste deel van die skok­bre­ker of dit warm of koud is. As hy warm is, be­te­ken dit hy werk. As hy nié warm is nie, is sy gô uit en moet jy hom ver­vang.

Moet ook nie net die moeë skok­bre­ker ver­vang nie. Ver­vang al­bei op die­self­de as.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.