V8-woe­ma vir Ma­se­ra­ti Le­van­te

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Ma­se­ra­ti se in­druk­wek­ken­de sport­nuts­voer­tuig het pas ’n nu­we V8-en­jin ge­kry – een van die krag­tig­stes wat dié I­ta­li­aan­se ver­vaar­di­ger nóg ge­bruik het. Met krag­le­we­ring van 440 kW teen 6 250 r.p.m. en 730 Nm wring­krag teen 2 250-5 000 r.p.m. ver­snel die Le­van­te Tro­feo bin­ne 3,9 s van 0-100 km/h en sy top­spoed is meer as 300 km/h.

Die Tro­feo so on­der­stel moes ver­sterk word om die in­druk­wek­ken­de krag­le­we­ring baas te raak, en die stan­daard­wiel­vel­lings is ver­vang met 22”- ge­sme­de a­lu­mi­ni­um­vel­lings. Boon­op, sê Tim Ku­nis­kis, hoof van Ma­se­ra­ti, die in­ge­ni­eurs en ont­wer­pers in Mo­de­na moes se­ker maak die as­se is in staat om die en­jin­krag te han­teer.

“Hul­le het ge­weet hul­le het toe­gang tot die bes­te en­jins ter wê­reld, en daar­om kon hul­le die bes­te sport­nuts­voer­tuig bou – een van die vin­nig­stes daar­by.”

Teen druk­tyd was daar nog geen amp­te­li­ke be­kend­stel­lings­da­tum vir die Le­van­te Tro­feo in Suid-A­fri­ka nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.