TIGUAN RAAK LAN­GER

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Volks­wa­gen het ’n ga­ping tus­sen sy klei­ner Tiguan en gro­ter Tou­a­reg ge­sien, maar pleks daar­van dat dié ver­vaar­di­ger ’n he­le nu­we mo­tor bou, het hy die Tiguan se as­af­stand met 110 mm en die bak­werk met 215 mm ver­leng.

Die nu­we Tiguan All­spa­ce is nou 4 701 mm lank en spog met ’n der­de ry sit­plek­ke – en die pas­sa­siers in die twee­de ry het 60 mm ek­stra been­ruim­te. Met die der­de ry sit­plek­ke in ge­bruik is daar 230 ℓ pak­plek, maar wan­neer hul­le plat­ge­slaan is, kry jy ’n e­nor­me 700 ℓ ruim­te – 115 ℓ meer as in die ge­wo­ne Tiguan. As ál die ag­ter­ste sit- plek­ke plat­ge­slaan is, word die vo­lu­me ver­hoog tot 1 775 ℓ – ge­noeg om ’n bran­der­plank in te laai.

Die Tiguan All­spa­ce word aan­ge­dryf deur ’n 1,4 ℓ- of 2 ℓ-TSI-pe­trol­en­jin óf ’n 2 ℓ-TDI-die­sel­en­jin. Al­le mo­del­le bui­ten die in­tree­vlak1.4 TSI kry 4MOTION-al­le­wiel­aan­dry­wing stan­daard. Hier’s die pry­se: • 1.4 TSI 110 kW T­rend­li­ne DSG R463 400 • 2.0 TSI 132 kW Com­fort­li­ne 4MOTION DSG R523 800 • 2.0 TDI 110 kW Com­fort­li­ne 4MOTION DSG R571 100 • 2.0 TSI 162 kW High­li­ne 4MOTION DSG R604 800 >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.