E­ve­rest stel hoë stan­daard

2014 FORD E­VE­REST 3.0 TDCI

Weg! Ry & Sleep - - MY WIELE -

Daar was dalk ge­wil­der sleep­voer­tuie be­skik­baar toe hy ge­koop het, maar sy Ford E­ve­rest het hom nog nooit in die steek ge­laat nie, sê Wil­lie Jor­daan van Kru­gers­dorp.

Ek het eers ’n bie­tjie rond­ge­kyk voor ek be­sluit het om ’n splin­ter­nu­we Ford te koop. Ek het eg­ter teen ’n Nis­san of die ge­wil­der Toyo­ta be­sluit (my droom­voer­tuig is ’n Land Crui­ser) – en dit wil voor­kom of die E­ve­rest uit­ein­de­lik ’n be­trou­ba­re keu­se was. Hy is be­slis sterk ge­noeg, en teen R240 000 is hy ook baie meer be­kos­tig­baar.

Ek het twee jaar ’n 2012 S­pri­te Tou­rer SP met die E­ve­rest ge­sleep, maar het se­dert­dien vir my ’n 2017 Jur­gens X­ca­pe aan­ge­skaf waar­mee ek die laas­te jaar kamp.

Niks maak die Ford bang nie en hy kon al­bei wa­ens mak­lik teen 120 km/h sleep. Op die oom­blik gee hy my ge­mid­deld

14,29 ℓ/100 km met die X­ca­pe en on­ge­veer 11 ℓ/100 km daar­son­der. Ons buur­lan­de is hoog op my lys van guns­te­ling be­stem­mings, ver­al die Capri­vi in Na­mi­bië, de­le van Botswa­na en ook Mo­sam­biek. Die om­ge­wing is al­tyd mooi en daar is heel­wat om te sien en doen. Dit is be­slis die moei­te werd om daar­heen te reis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.