Men­se maak die ver­skil

Wan­neer jy die fi­guur van ’n mens in jou na­tuur­to­neel vas­vang, lei dit dik­wels tot ’n be­ter fo­to.

Weg! Ry & Sleep - - JOU FOTO - Deur Le­on Bo­tha

As Dooi­e­vlei lé­we kry

Hul­le is Na­mi­bië toe om haar man, G­len, se 50ste ver­jaar­dag te vier, en sy het met dié na­tuur­to­neel te­rug­ge­keer huis toe, ver­tel Sal­ly Mackay van Dur­ban.

“Ek het dié fo­to in die i­ko­nie­se Dooi­e­vlei in Na­mi­bië ge­neem. Tus­sen die dooie bo­me deur kon ’n mens ’n paar­tjie sien wat aan die an­der kant van die vlei staan. Van my kant af is hul­le net­jies om­ring deur die bo­me en dit vorm ’n toe­val­li­ge raam om hul­le. Die men­se gee skaal én kon­teks aan die fo­to met sy dor­re om­ge­wing as ag­ter­grond. Ek het ook op swart-en-wit be­sluit om die teks­tuur van die dooie bo­me uit te lig.”

Dooi­e­vlei is op el­ke erns­ti­ge na­tuur­fo­to­graaf se em­mer­s­kop- lys, en wan­neer jy daar is, móét jy die mees­te maak daar­van. ’n Mens sien hoe­veel fo­to’s wat tus­sen die rooi dui­ne ge­neem is, maar baie van hul­le lyk een­ders, hoe­wel die rooi van die dui­ne en die blou lug met die dooie bo­me al klaar ’n wen­re­sep is vir ’n goeie fo­to. Om dus met swart-en-wit te waag is dap­per, want ’n mens ver­loor van die be­lang­ri­ke e­le­men­te op die fo­to.

’n Mens kan eg­ter sien Sal­ly het ’n oog vir ’n goeie fo­to. Sy ge­bruik die swart-en-wit én die men­se op haar fo­to ewe slim. As ’n re­ël wil jy in dié om­stan­dig­he­de ’n mooi na­tuur­fo­to neem (son­der toe­ris­te wat die plek vol­staan en die fo­to be­derf ), maar Sal­ly doen pre­sies die teen­oor­ge­stel­de en maak men­se deel van die to­neel.

Die men­se op die fo­to maak in der waar­heid die ver­skil tus­sen ’n goeie en ’n puik fo­to.

Die bo­me se tak­ke staan soos vin­gers wat uit die aar­de groei. Die men­se is in die ag­ter­grond, maar reg in die mid­del, om­ring deur die bo­me.

Om­dat hul­le so klein is op die fo­to, sien ’n mens hul­le nie da­de­lik nie – hul­le lyk eer­der self soos ’n ou stomp in die ag­ter­grond.

Dis eers wan­neer jy na­der kyk dat jy dui­de­lik sien dis toe­ris­te

– iets wat die fo­to net daar­die ek­stra di­men­sie gee.

Vir ’n nóg be­ter fo­to kan jy die on­no­di­ge ne­ga­tie­we spa­sie links van die bo­me af­sny (in­las bo). Die fo­to is dan vier­kan­tig, maar die kom­po­si­sie be­ter.

Ca­non EOS 5D Mk. III; Ca­non EF 24-105 mm-lens op 105 mm; 1/400 van ’n se­kon­de; f 9; ISO 100

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.