Wat is anders?

Weg! Ry & Sleep - - NUWE RYGOED -

Die groot­ste ver­skil is die gro­ter ses­kan­ti­ge sier­roos­ter en ’n her­ont­werp­te buf­fer wat nie meer soos ’n Ne­an­der­tal se on­der­kaak uit­steek nie. Dit is ge­doen ná ve­le klag­tes van Suid-A­fri­ka­ners wat nie gaan­de was oor die jong­ste Hilux se voor­buf­fer nie.

Die hoof­lig­te se pro­fiel bly die­self­de, maar ag­ter die glas is daar nou ’n LED-stro­kie wat be­dags skyn. Die mis­lig­te se huls is ook her­ont­werp so­dat dit ie­wers tus­sen ’n RAV4 en ’n Land Crui­ser se sti­le­ring in­pas.

Bin­ne­langs is al­les pik­git­swart: die pla­fon, leer­be­kleed­sel, vloer­mat­jies, in­stru­men­te­pa­neel, al­les.

Die raak­skerm spog met sa­tel­liet­na­vi­ga­sie en die in­lig­ting­skerm tus­sen die toe­re­tel­ler en spoed­me­ter wys ’n a­ni­ma­sie van ’n Dakar-bak­kie wat deur ’n plas wa­ter jaag – ou­lik.

O­ral bui­te- én bin­ne­langs pronk amp­te­li­ke Dakar-ken­te­kens. Die ge­bruik daar­van is ’n ver­gun­ning deur die Dakar-or­ga­ni­seer­ders, ter er­ken­ning van Toyota se by­drae tot die sport. Toyota moet eg­ter tan­tiè­me be­taal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.