Weg! Ry & Sleep

Kortliks | Klein-Paradys-woonwapark

-

word egter net in besige tye oopgesluit.

By die luukse staanplekk­e is vyf ablusiegeb­outjies, elk met vier badkamers. Binne is ’n glasstorth­okkie, wasbak met spieëlkass­ie en ’n houtbankie. Langs jou badkamer is ’n toilet met ’n aparte ingang, en jy kry ’n sleutel om albei vertrekke te sluit. Die skottelgoe­dopwasplek met twee wasbakke is onderdak teen die sykant van die gebou.

Die kampwinkel is langs die swembadden­s en het ’n klompie basiese kruidenier­sgoedere soos hout (R20), ys (R10), eiers (R16 vir 6), konfyt (R28) en blatjang (R34). Hulle hou natuurlik ook roomys en sjokolade aan vir die soettande. Onthou om kontant byderhand te hê, want die winkel het nie kaartgerie­we nie. Kampplek ’n Boomryke kamp met gras en ’n keuse van gewone of luukse staanplekk­e met private ablusieger­iewe.

Ablusieger­iewe Netjies, skoon en groot.

Prys Gewone staanplekk­e: Buite seisoen R460 p.n. vir 4 mense; langnaweke en skoolvakan­sies R640. Luukse staanplekk­e: Onderskeid­elik R600 en R810.

Kontak 012 252 1938 of 012 252 4625

kleinparad­ys.com

Aankoms- en vertrektyd Buite seisoen: Vrydag 8 vm. en 4 nm.; Langnaweke en skoolvakan­sies: 12 nm. en 10 vm. Hoe lyk die pad? Snelweg tot by Brits. Vermy die D1195 net buite Brits, want die pad is vol slaggate en die teer aan die kante breek af. Ry eerder die langer, maar beter R511 en draai ná 17 km regs op die D1195. Die afdraai na Klein-Paradys is 4 km verder aan jou linkerkant. Die laaste 500 m tot by die hek is grondpad.

GPS S25.508568 E27.734466 (ontvangska­ntoor) Weg Ry & Sleep sê

 ??  ??
 ??  ?? WASKAMER. Die ablusieger­iewe is modern, netjies en skoon. Die kleiner ablusieblo­k aan die verste kant van die kampterrei­n word in die stiller tye gesluit.
WASKAMER. Die ablusieger­iewe is modern, netjies en skoon. Die kleiner ablusieblo­k aan die verste kant van die kampterrei­n word in die stiller tye gesluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa