Weg! Ry & Sleep

Skoon eenvoud

-

Met 18 ℓ gaan jy vier of vyf keer kan stort, maar jy gaan moet wikkel. Dit is die ligste stortsak op hierdie blaaie en daarom gee ons hom volpunte vir draagbaarh­eid. Die stortkop is ook eenvoudig om aan of af te skakel. Jy hou bloot die pyp tussen jou middel- en wysvinger vas en druk die stortkop met jou duim.

Prys R275 by Cape Union Mart.

Weg Ry & Sleep sê Dis die ligste stort in ons toets en die stortkop skakel maklik af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa