2

Weg! Ry & Sleep - - KAMPBOFFIN -

Bui­te is be­ter Hul­le is om­trent nooit bin­ne-in hul­le 1981-mo­del S­pri­te Sport nie, be­hal­we as hul­le slaap. Daar­om het Jo­han en El­ma­re van S­ta­den van Pa­row be­sluit om hul­le wa ’n bie­tjie be­ter aan te pas aan die bui­te­kant.

Om ons eet­ge­rei en an­der toerusting by­der­hand te hê het ons be­sluit om ’n werk­op­per­vlak en t­wee laaie aan te bring wat van bui­te af on­der die een en­kel­bed in­skuif.

Ons wou nie die struk­tuur van die wa ver­swak nie, en daar­om is die groot­te van die deur­o­pe­ning be­perk om tus­sen die be­staan­de hout­ver­ster­kings van die sy­pa­neel in te pas. Dit het die diep­te van die laaie tot on­ge­veer 280 mm be­perk, maar hul­le is wel elk­een ’n skaf­li­ke 600 x 600 mm groot. Die werk­blad op die een laai is 500 x 600 mm en kan ook www.weg.co.za op skar­nie­re oop­vou vir ’n to­ta­le werk­op­per­vlak van on­ge­veer 1 200 x 500 mm. Tus­sen die laaie is ook ’n rak­kie vir sui­ker en kof­fie, en ek het krag­pun­te aan die sy­kant van die een laai en klam­pies plus ’n 12 V-krag­punt vir ’n LED-lig by die ven­ster bo die werk­blad ge­mon­teer.

Die deur­tjie slaan boon­toe op so­dat dit ook in die oop-po­si­sie die bak­werk beskerm.

Die deur­knip­pe is on­der die wa ge­mon­teer en die sluit­me­ga­nis­me trek met ’n spi­raal­veer in po­si­sie so­dat die deur nie in die ry kan oop­gaan nie. Vir vei­lig­heid kan jy dit ook met ’n hang­slot­jie sluit.

Weg Ry & Sleep sê Die Van S­ta­dens het oor­skiet­ma­te­ri­aal uit die mo­tor­huis ge­bruik en die ad­di­si­o­na­le aan­ko­pe vir din­ge soos skar­nie­re en wiel­spo­re vir die laaie het maar R1 400 be­loop. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.