Weg! Ry & Sleep

Middagstra­al

-

Om die herinnerin­ge van ’n lang staptog in ’n vreemde land te verewig het Karen Cloete van Kaapstad dié natuurtone­el afgeneem.

“Hierdie is die Rakrivier wat deur die Rakov Škocjan-natuurpark in Slowenië vloei. Die rivier ontspring in die Zelške-grotte en vloei bogronds vir sowat 3,5 km waar dit in die Tkalca-grot aan die ander kant van die Karstvalle­i verdwyn. Dit was herfs terwyl die laaste strale van die son op die rivier speel.”

Een van die belangriks­te eienskappe van ’n slimfoon vandag is die kamera. En net soos Karen kan ’n mens al wat mooi is om jou afneem sonder om te sukkel met ’n kamerasak met ’n paar swaar lense oor die skouer.

As ’n reël is ’n steurvlek (flare) nie altyd welkom op ’n foto nie, want dit trek lyne op jou foto wat nie deel vorm van dít wat jy afneem nie. Dit gebeur wanneer die strale van die son direk in die lens skyn. In dié geval lyk dit omtrent of iemand uit die hemele ’n skerp lig op die rivier skyn, wat net soos op Tom se foto hiernaas soos ’n pyl jou oog lei na waar om te kyk. In dié geval is dit nie steurend nie en sorg eerder vir ’n interessan­ter foto.

’n Mens kan die foto nóg meer dramaties maak as jy die skadugedee­ltes selfs donkerder maak (sien inlas). Dit laat die straal en Apple iPhone 5s; 4,15 mm, gelykstaan­de aan 29 mm in 35 mm-formaat; 1/1 250 van ’n sekonde; f2,2; ISO 32 die groen blare duideliker uitstaan. Dis nou as jy nie omgee om jou foto ná die tyd te verander nie. ’n Selfoon-app soos die een van Snapseed is puik vir dié doel – daarmee kan ’n mens ’n hele paar ander gevorderde verstellin­gs aan jou foto maak.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa