SOSIAAL

Die Jim­ny 4xFun-groep in die Oos-Kaap het on­langs in die Ba­vi­aans­kloof gaan uit­span, en die Su­zu­ki-veld­ry­ertjie het op dié uit­stap­pie op­nuut be­wys hoe veel­sy­dig hy is, ver­tel He­at­her Fou­che.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD BOOK SECTION -

Ons is ’n plaas­li­ke groep Jim­ny­gees­drif­ti­ges wat ge­reeld 4x4-roetes in ons om­ge­wing aan­durf. Ons ge­niet dit om te kamp, en wan­neer ons by­me­kaar­kom, is dit al­tyd lek­ker om te sien wat­ter mo­di­fi­ka­sies aan wie se Jim­ny ge­doen is.

Met die Ba­vi­aans op ons voor­stoep het ons be­sluit om vir ’n na­week by Ku­du Ka­ya te gaan kamp en som­mer van die kans ge­bruik te maak om te sien hoe elk­een sy of haar Jim­ny aan­ge­pas het om by hul­le be­hoef­tes te pas.

Ons was se­we wat kom kamp het met ons Jim­ny, en elk­een het ’n an­der ma­nier van kamp én ’n u­nie­ke ma­nier om al­les in die min be­skik­ba­re pak­plek te kry.

Die ten­te het ge­wis­sel van klein kitsten­te tot ’n groot O­z­tent RV4 (wat op ’n dak­rak ge­laai is), tot koe­pel­ten­te, ga­ze­bo’s en ’n Front Run­ner-dak­tent.

Van die Jim­ny’s was so stan­daard as kan kom, maar som­mi­ge ei­e­naars het die ag­ter­sit­plek­ke uit­ge­haal vir ek­stra pak­pek. As jy ’n vloer­plank in dié ruim­te aan­bring, kan jy selfs jou kamp­vries­kas ag­ter in jou Jim­ny laai. Ons Jim­ny het ’n tuis­ge­maak­te laai­stel­sel met ’n gly­raam vir die vries­kas.

Een van die ei­e­naars het ’n lig­te sleep­wa aan­ge­haak en só plek ge­maak vir sy berg­fiets, brand­stof en die res van sy kamp­toe­ru­sing. Ek was die mees­te be­ïn­druk met die groep van d­rie vol­was­se­nes wat al hul­le kamp­toe­ru­sing in die Jim­ny ge­laai het... son­der ’n dak­rak en met die ag­ter­sit­plek­ke nog op hul­le plek.

Die kamp­na­week in die Ba­vi­aans het op­nuut weer be­wys hoe veel­sy­dig Jim­ny’s is – of jy hom as veld­ry­er, a­von­tuur­voer­tuig of al­le­daag­se mo­tor ge­bruik. Ek meen die ding wat hul­le van an­der 4x4-voer­tuie on­der­skei, is die “glim­lag­fak­tor”. Wan­neer jy weer ver­by ’n Jim­ny ry, kyk ge­rus maar: Ek waar­borg jou die be­stuur­der sal ’n groot glim­lag op sy bak­kies hê.

Ja, ek gee toe die Su­zu­ki Jim­ny is nie vir al­mal nie, maar daar is ’n sê­ding on­der gees­drif­ti­ges dat jy nie ’n Jim­ny kies nie, maar dat ’n Jim­ny jou kies. En wan­neer hy jou kies, kan jy en jou ge­sin jul­le reg­maak om ho­pe pret te hê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.