Weg! Ry & Sleep

KAMPBOFFIN

-

DSaamgeste­l deur

is almal nie beskore om elke klein dingetjie wat pla, by ’n beroepsper­soon te laat regmaak nie, en kampeerder­s weet al teen dié tyd in die meeste gevalle gaan jy met ’n bietjie vindingryk­heid en tegniese kennis geholpe raak. En die gereedskap in jou motorhuis is meer as genoeg om die werk tjoef-tjaf af te handel.

Perfek vir ’n paartjie As jy jou sportnutsv­oertuig omskep in jou slaapplek, het jy nie ’n tent of woonwa nodig wanneer jy gaan kamp nie, sê Deon Steyn van Wellington. Ek en my vrou, Strelza, was op pad Namibië toe om die Etosha-wildtuin te gaan beleef. Dit was net ek en sy, en ek het besluit ons kan ewe lekker in my 2006model Toyota Fortuner slaap as in ’n tent. Ek het toe begin om die agterkant van die Fortuner in iets soos ’n klein ryhuis te omskep.

Die twee rye sitplekke het maklik genoeg uitgekom, want hulle word net aan die vloer vasgebout. Daarna het ek die raam vir die bed gebou en plek onder gelos vir pakplek. Die ruimte van die agterkant van die voorsitple­kke tot by die agterdeur is groot genoeg vir ’n matras van 2 m, wat beteken selfs hemelbesem­s kan gemaklik slaap.

Onder die bed is meer as genoeg pakplek vir dinge soos ons koelboks, plastiekkr­atte, kooktoerus­ting en ons twee kampstoele. Ek het uiteindeli­k ook ’n 3 x 3 m-tent saamgevat ingeval ons buite wou slaap. Alles het heel maklik gepas.

Weg Ry & Sleep sê Dit is ’n voor die handliggen­de projek, maar dit het vir Deon-hulle gewerk en hom net R8 000 gekos.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa