Weg! Ry & Sleep

MERCEDES-BENZ X-KLAS

Europeërs het onlangs eers besef hoe nuttig ’n bakkie is, en daarom is dit beslis nie te laat vir Mercedes-Benz om dié groeiende mark te betree nie. Is die X-klas die begeerliks­te bakkie op aarde? Ons reis na Oos-Europa om uit te vind.

- Teks Cyril Klopper

Dit is somer in Slowenië en ons snel deur die beboste voetheuwel­s van die Alpe. ’n Spierwit stofstreep sleep soos ’n lint agter ons Mercedes-Benz X-klas aan en die V6-enjin brul deur die draaie. Skielik bars ons uit die woud en beland in ’n lowergroen vallei. Voor ons lê die dorpie Sveti Ožbolt op ’n grasvlakte (bevolking: 78). Ons tik die ratwisselp­edale om spoed te verminder. Sveti Ožbolt is ’n nedersetti­ng nes honderde ander in dié onherbergs­ame streek. Langs elke huisie met sy spitsdak staan ’n reusehouts­tapel ter voorbereid­ing van die ysige wintermaan­de wat nader kruip.

Mans en vroue benut die sonnige weer deur in hulle tuin te werk, en ’n meisie in ’n T-hemp en sjoebroek flikvlooi met die bure se seun – hy’s moontlik die enigste outjie van haar ouderdom op dié platteland­se dorpie.

Almal stop waarmee hulle besig is en gaap ons X-klas aan. Met al die houtaandra­ery en tuinmaak sou ’n mens verwag hierdie moet bakkiewêre­ld wees, maar in die twee dae wat ons Slowenië met die X-klas verken, sien ons slegs drie ander bakkies: ’n VW Amarok en twee Ford Rangers.

Europeërs, veral diegene uit die voormalige Sosialisti­ese OosEuropa, is nie bakkies gewoond nie. Maar dinge is aan die verander en in Duitsland, byvoorbeel­d, het bakkieverk­ope tussen 2014 en 2017 met 57% toegeneem. Dis dié dat Mercedes-Benz vertroue in sy X-klas het, veral die V6-weergawe.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa