KOM SPRING OP DIE BLOEMWA!

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Hier’s ’n stuk­kie goeie nuus vir le­sers in Bloem­fon­tein: Jacky S­mith, wat meer as 30 jaar er­va­ring in die woon­wa­han­del het, het nou haar eie han­de­laar­skap, Bloemwa, in die Vry­staat­se hoof­stad ge­o­pen.

By Bloemwa kry die bos­wa en bos­woon­wa­ver­vaar­di­ger E­cho4x4 boon­op sy twee­de vas­trap­plek op ’n Vry­staat­se ver­toon­vloer. Dié wa­ens was vroe­ër net by Out­door Juncti­on op Bot­ha­vil­le be­skik­baar.

Én dan het Jacky-hul­le krag­te saam­ge­snoer met S­her­pa Lei­su­re en die reg­te in die Vry­staat be­kom om dié ge­wil­de wa­ens in die pro­vin­sie te ver­koop.

Bui­ten al die nu­we woon­wa­ens het Bloemwa ook ’n kamp­win­kel met ba­sie­se woon­wa­on­der­de­le en kamp­toe­rus­ting. Daar’s ook ’n diens­sen­trum in­ge­rig om aan al­le fa­bri­ka­te te werk.

Om die prent­jie te vol­tooi ver­koop Bloemwa twee­de­hand­se woon­wa­ens.

A­dres Faan Fer­rei­ra-laan 24B, Lan­gen­ho­ven­park. Kon­tak 083 702 8970 in­[email protected]

bloemwa.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.