MY WIE­LE

Jy kan nie ver­keerd gaan met ’n Ja­pan­ne­se sleep­voer­tuig nie, sê Ben en Nick, twee le­sers wat on­der­skei­de­lik met hul­le twee­de Mit­subis­hi en twee­de Toyo­ta sleep.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Hoe gro­ter, hoe be­ter

TOYO­TA HI­LUX 2.8 GD-6 4x4 (OU­TO) Na­dat hy voor­heen sy Jur­gens E­le­gan­ce met ’n 2010-mo­del Hi­lux ge­sleep het, het

Ben Ras van Rus­ten­burg be­sluit om op te gra­deer na die splin­ter­nu­we bak­kie van Toyo­ta.

Daar was bit­ter­min ver­keerd met my vo­ri­ge 2010-mo­del Hi­lux 3.0 D-4D, be­hal­we dat die E­le­gan­ce ef­fens swaar ge­voel het op die haak. Dit wou voor­kom of die Hi­lux iet­wat meer krag no­dig ge­had het om ’n wa van dié groot­te met ge­mak te sleep.

Ek is deur en deur ’n Toyo­ta-man, en daar­om het ek die D-4D met ’n 2016 Hi­lux

2.8 GD-6 ver­vang. Ek het hom twee jaar te­rug nuut ge­koop vir R550 000. Ek moet er­ken as ek dit in daar­die sta­di­um kon be­kos­tig, sou ek eer­der vir my ’n Land Crui­ser wou aan­skaf. Maar my vrees oor die nu­we Hi­lux se krag­le­we­ring is som­mer da­de­lik be­sweer. Die 450 Nm wring­krag maak kin­der­spe­le­tjies van sleep en wan­neer ek my reg­ter­voet neer­sit, suk­kel ek nie om ie­mand ver­by te steek nie. Die

ou­to­ma­tie­se rat­kas ska­kel moei­te­loos oor. Ek hou my sleep­spoed tus­sen 90 km/h

en 110 km/h en af­han­gend van die weers­toe­stan­de en pad­op­per­vlak wis­sel die brand­stof­ver­bruik tus­sen 13 ℓ/100 km en

17 ℓ/100 km. Wan­neer ek nie sleep nie, kry ek ge­mid­deld 10 ℓ/100 km met die Hi­lux. So­ver was dit nog net ’n ple­sier in die Toyo­ta en daar is nie veel om oor te kla nie. Dit sou eg­ter lek­ker ge­wees het as daar ’n gro­ter ver­skei­den­heid Toyo­ta­goed­ge­keur­de toe­be­ho­re op die mark was.

Ek dink ’n mens se per­soon­li­ke voor­keu­re speel ’n groot rol wan­neer jy dees­dae ’n sleep­voer­tuig kies, want baie van die mo­der­ne mo­tors is baie goed toe­ge­rus vir sleep – ’n mens kry nie reg­tig meer ’n swak sleep­voer­tuig nie. Vir my moet ’n sleep­voer­tuig sterk en sta­biel wees. Dit is die eer­ste goed waar­na ek kyk.

Ek is be­son­der erg oor die Tuin­roe­te. Wan­neer jy ’n or­dent­li­ke reis in dié ge­wes­te aan­durf, kan jy heel­par­ty skou­spel­ag­ti­ge plek­ke tus­sen die Oo­sen Wes-Kaap be­soek waar jy óf die see kan sien óf oor skou­spel­ag­ti­ge berg­pas­se kan ry.

Pry­sens­waar­di­ge Pa­je­ro

MIT­SUBIS­HI PA­JE­RO 3.2 DI-D Hy het voor­heen met hul­le ge­sin se se­dan­mo­tor, ’n BMW 545i, ge­sleep, maar Nick Lub­be van Har­ten­bos sê sy Mit­subis­hi Pa­je­ro is al wat hy no­dig het wan­neer hy 4x4-a­von­tu­re aan­durf of hul­le wa sleep.

Ek het van­te­vo­re ’n Pa­je­ro be­sit en ’n mens moet reg­tig gaan soek as jy met dié ry­ding wil fout vind. Ek het my hui­di­ge een al drie jaar en het se­we jaar met die vo­ri­ge een ge­ry. Ek het dié 3.2 Di-D twee­de­hands vir

R350 000 ge­koop. Die Pa­je­ro vol­doen aan ’n klomp van my ver­eis­tes vir ’n sleep­voer­tuig. Hy is be­trou­baar en sterk, maar ook sag op die oog. Ek het die BMW X3 en X5 ook oor­weeg, maar die Pa­je­ro het ’n spe­si­a­le plek­kie in my hart.

Hoe­wel die Pa­je­ro die kort­as­af­stand­mo­del is, weeg hy meer as 2 000 kg, en met sy fan­tas­tie­se en­jin en on­der­stel suk­kel hy glad nie om my 2013 Jur­gens F­leet­li­ne te sleep nie. Sy 441 Nm se wring­krag maak kor­te met­te met die pad en dank­sy die 140 kW tot sy be­skik­king hou ek my spoed mak­lik in die om­ge­wing van 120 km/h.

Jy hoes eg­ter by die vul­sta­sie, want die Pa­je­ro gee my ge­mid­deld 14,7 ℓ/100 km met die F­leet­li­ne op die haak en 9 ℓ/100 km wan­neer ek nie sleep nie.

Die Pa­je­ro se ve­ring is ef­fens hard wan­neer ons grond­pad ry, maar dit dra by tot sy on­ver­nie­tig­ba­re ge­voel. Ek kan ver­staan hoe­kom hy die Da­kar-tyd­ren al so baie ge­wen het.

Ons het al reg oor Suid-A­fri­ka gekamp, maar my guns­te­lin­ge sluit in die S­torms­ri­vier­mond, Buf­fels­baai-woon­wa­park, Ebb-and-Flow, Jon­gens­fon­tein-woon­wa­park en Sil­wer­strand-woon­wa­park. By al dié plek­ke is die na­tuur­skoon tref­fend en die a­blu­sie­ge­rie­we on­ver­be­ter­lik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.