4x4-PRO­FES­SOR

Die wiel was vir vroeë be­ska­wings ’n rig­ting­ge­wen­de uit­vind­sel. Trou­ens, dit vorm tot van­dag toe ’n hoek­steen van ons sa­me­le­wing. Maar wat weet jy van wie­le be­hal­we dat hul­le lek­ker rol?

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Teks Cy­ril Klop­per Il­lus­tra­sies Do­mi­nic Wie­nand

Jy kan net so­wel jou kop in ’n by­e­nes druk as jy be­weer een ver­vaar­di­ger se ban­de is die bes­te. Daar is selfs ar­gu­men­te oor wat­ter sóórt band die bes­te is. Kom ons ver­my dié ne­te­li­ge sa­kie en fo­kus eer­der op ’n paar in­te­res­san­te fei­te: Van wat­ter soort ban­de op jou voer­tuig aard tot wat die 10-ja­ri­ge John­ny Dun­lop vir Kers­fees ge­kry het...

Wat­ter wie­le?

Pad­ban­de kan in vier sub­ka­te­go­rieë in­ge­deel word: So­mer­ban­de (1 hier­on­der) is wat jy ti­pies in Suid-A­fri­ka kry as ge­volg van ons ma­ti­ge kli­maat. Win­ter­ban­de (2) is ge­wild in plek­ke soos Noord-Eu­ro­pa en Ka­na­da in die Noor­de­li­ke Half­rond waar dit selfs in laag­lig­gen­de stre­ke sneeu. Vier­sei­soe­ne­ban­de (3) lyk baie soos win­ter­ban­de, maar hul­le raas min­der op teer­paaie en het dik­wels ’n lan­ger le­wens­duur. Ho­ë­ver­rig­ting­ban­de (4) sal jy op sport­mo­tors sien – hul­le is glad nie ge­skik om na­by ’n grond­pad te kom nie.

Met die uit­son­de­ring van vier­sei­soe­ne­ban­de soos Goody­e­ar se Vec­tor 4Se­a­son-ban­de hoort ’n pad­band nie eint­lik op ’n erns­ti­ge veld­ry­voer­tuig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.