KAMP­BOF­FIN

Met die her­sie­ning van die Pad­ver­keers­wet in 1998 het die ou nu­me­rie­se ry­be­wys­ko­des ver­an­der na dié wat van­dag ge­bruik word. Dit be­te­ken daar is ’n klomp sle­pers op ons paaie wat nie die kor­rek­te ry­be­wys het om ’n wa te sleep nie. Ons het te­rug­ge­gaan skoo

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Teks Ky­le Kock Fo­to’s Ky­le Kock en Leon Botha

Die eer­ste ding wat jy moet doen, is om op jou be­staan­de ry­be­wys te kyk of jou ko­de jou toe­laat om ’n woon­wa te sleep. Dit word reg in die mid­del van jou ry­be­wys­kaart aan­ge­dui, langs die woord “Co­de”. As jy jon­ger as 40 is, is die kans goed dat jy ’n ko­de B-ry­be­wys het – mits jy met jou be­stuurs­toets ’n wa op die haak ge­had het. Met ’n ko­de B mag jy ’n lig­te voer­tuig be­stuur en ’n wa­en­tjie met ’n bru­to­voer­tuig­mas­sa (BVM) van 750 kg of min­der sleep.

Dit is goed en wel vir jou Ven­ter­tjie, maar die BVM van die mees­te wa­ens op ons paaie is ho­ër as dit, en vir hul­le het jy ’n ko­de EB-ry­be­wys no­dig. Met dié me­neer mag jy ’n ge­le­de voer­tuig met ’n bru­to­kom­bi­na­sie­mas­sa (BKM) van tot 3,5 t be­stuur. Dit maak voor­sie­ning vir so te sê al­le bak­kies en sport­nuts­voer­tuie in die plaas­li­ke mark en selfs die groot­ste woon­wa.

As die let­ters EB op jou ry­be­wys staan, is jou kop deur. Maar as jy hom nié het nie, of jy wil jou le­wens­maat of kin­ders laat help met die sleep­werk, het ons raad oor hoe om ’n EB-ry­be­wys te kry.

Ek is 30, en toe ek my ry­be­wys ge­kry het, het ek dit nié met ’n wa op die haak ge­doen nie. Ek mag nie ’n Pen­ta haak en kus toe mik nie, om­dat ek net ’n ko­de B het. En aan­ge­sien woon­wa­ens ’n groot deel van my werk is, was dit tyd om iets aan die saak te doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.