NUUS

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Die pro­duk­sie­lyn van die Jur­gens Ci-aan­leg in Ga-Ran­ku­wa staan se­dert Ju­lie al stil, en vol­gens ’n hoog­ge­plaas­te bron by die ver­vaar­di­ger is daar tans ook geen men­se by die aan­leg wat woon­wa­ens bou nie.

Weg Ry & Sleep het Jur­gens Ci se ei­e­naar, Paul Ky­ri­a­cou, om kom­men­taar ge­na­der, maar hy het hom nie oor die stand van sa­ke by die aan­leg uit­ge­laat nie. “Ek sal dit doen wan­neer ek klaar is waar­mee ek be­sig is.”

Hy het wel ge­rug­te ont­ken dat van sy per­so­neel vir maan­de nie be­taal is nie en ge­sê al­le sa­la­ris­se is op da­tum.

Jur­gens is die groot­ste woon­wa­ver­vaar­di­ger in die land wat dig­by 30 Camp­wor­ld­han­de­laars land­wyd van voor­raad voor­sien. Die han­de­laars suk­kel eg­ter al ge­rui­me tyd om nu­we woon­wa­pro­duk­te aan te vul.

Ar­nold Prosch, ook ’n Camp­wor­ld-han­de­laar en ei­e­naar van Ca­ra-Camp Ca­ra­van & Out­door Cen­t­re op So­mer­set-Wes, het aan Weg Ry & Sleep ge­sê sa­ke het be­gin skeef loop kort na­dat Ky­ri­a­cou Jur­gens Ci ver­le­de jaar by Im­pe­ri­al Hol­dings ge­koop het. Sa­ke het in só ’n ma­te ver­sleg dat van die Camp­wor­ld-han­de­laars – soos Ty­ger­berg Ca­ra­vans en Nort­hern Na­tal 4x4 & Ca­ra­vans – die Camp­wor­ld-groep ver­laat en met an­der ver­vaar­di­gers krag­te saam­ge­snoer het.

In­tus­sen het 17 han­de­laars saam­ge­span om ’n nu­we net­werk op die been te bring om van die Jur­gens Ci-woon­wa­ens se on­der­de­le vir klan­te in die han­de te kry. Die nuut­ge­stig­te maat­skap­py staan be­kend as Lei­su­reWor­ld. As sa­ke vol­gens plan ver­loop, doen hul­le van 1 Ok­to­ber af amp­te­lik sa­ke on­der dié nu­we naam. Prosch en Jan Ser­fon­tein van Nort­hern Na­tal 4x4 & Ca­ra­vans is Lei­su­reWor­ld se twee di­rek­teu­re en die mees­te van die 17 han­de­laars het aan­de­le in die maat­skap­py.

Prosch sê hoe­wel Jur­gens Ci steeds as ’n on­der­ne­ming be­staan, sit die Camp­wor­ld-han­de­laars met die pro­bleem dat hul­le nie meer die pro­duk­te en diens ont­vang wat hul­le van die ver­vaar­di­ger ver­wag nie.

Dit staan Lei­su­reWor­ld-han­de­laars vry om e­ni­ge han­dels­na­me te on­der­steun. Dit sluit na­me soos E­cho4x4, In­va­der, Ok­to, Qu­an­tum Lei­su­re en Bush Lapa in. “Die ga­ping wat Jur­gens Ci in­tus­sen in die mark ge­laat het, is groot. In baie op­sig­te het hul­le voor­heen die mark oor­heers,” sê Prosch. “Ons moes trans­for­meer en ek sien ’n blink toe­koms. Voort­aan kan ons aan klan­te ’n gro­ter ver­skei­den­heid woon­wa­ens bied, ter­wyl ons steeds ei­e­naars van Jur­gens Ci-woon­wa­ens soos Gyp­sey, S­pri­te en Jur­gens met on­der­de­le kan by­staan.”

Lei­su­reWor­ld het so­lank ’n web­werf vir klan­te ge­skep waar­heen hul­le hul­le be­son­der­he­de kan stuur: lei­su­re-wor­ld.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.