BRIE­WE

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - AN­DRÉ O­LI­VIER K­lerks­dorp >

Ek vang graag vis op Hen­ties­baai en het al dik­wels op dié Na­mi­bie­se kus­dorp ’n draai ge­maak. An­der­dag be­sluit ek om dié mooi deel van die wê­reld ook vir my vrou, La­ny, en twee dog­ters, In­ge en Me­cé, te gaan wys. Op pad soon­toe loer ons on­der meer in by ’n p­lek waar hul­le jag­lui­perds voer. La­ny is nie in­ge­no­me hier­mee nie, want op die spys­kaart vir die die­re is das­sies.

Ons ry ver­der tot op Langstrand waar ons in ’n gas­te­huis oor­bly. Die be­trok­ke ei­e­naars roem hul­le daar­op dat hul­le die “bes­te” gal­joen braai, maar ’n mens moet voor­af be­spreek. Ons het be­spreek, maar on­ge­luk­kig het hul­le daar­die aand nie gal­joen nie; hul­le sou vir ons das­sie voor­sit. Dit klink vir my heel gaaf en ek be­stel twee das­sies vir die vol­gen­de aand se ete. La­ny kyk my in on­ge­loof aan en vra of sy reg ge­hoor het. Ek ver­dui­de­lik sy het in­der­daad al voor­heen das­sie ge­ëet wat ek van Hen­ties af huis toe ge­bring het.

Die be­stuur­der van die gas­te­huis glim­lag vir my ant­woord, ter­wyl La­ny so ewe wil weet wan­neer sy dan das­sie­vleis ge­ëet het. “Die an­der­dag by ons vis­braai, saam met ons vrien­de,” ant­woord ek. “Jy het nog ge­sê hoe­veel jy dit ge­niet het.” La­nie s­kop vas en sê sy gaan nié saam met ons vir die das­sie-ete nie. Dit geld ook vir die dog­ters, want “hul­le is nie kar­ni­vo­re nie”.

Ek be­sef toe ek moet vin­nig ver­dui­de­lik, want bui­ten dat La­ny En­gels is, maak die “das­sie” haar nou deur­me­kaar. Ek ver­dui­de­lik toe ’n das­sie is ook ’n vis­spe­sie en ’n mens vang hul­le ge­woon­lik wan­neer jy gal­joen pro­beer uit­trek. Dié vis staan ook as ’n kol­stert be­kend, en dis hy wat die men­se vir ons gaan gaar­maak.

La­ny was ui­ter­aard ver­lig en het die aand saam met ons das­sie ge­niet. No­de­loos om te sê word sy van­dag nog ge­terg oor die sto­rie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.