Ko­ning­kap­pie

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - RI­AAN LAUB­SCHER Lan­ge­baan

Na aan­lei­ding van Weg Ry & Sleep se uit­no­di­ging om jul­le te laat weet van mo­tors en woon­wa­ens waar­van jul­le dalk nie ge­hoor het nie, deel ek graag die vol­gen­de.

Ek het vir my ’n ab­ba­wa by V­re­den­burg 4x4 Acces­so­ries laat bou en is baie in my skik met hom. Ter­loops, F­lip P­re­to­ri­us en Ger­hard Prins­loo van dié on­der­ne­ming het al ’n he­le paar “eer­stes” ge­bou – din­ge soos ’n dak­tent wat ón­der ’n sleep­wa uit­skuif.

Ek het ’n Hi­lux met ’n ver- leng­de ka­juit, en F­lip-hul­le het vir ons ’n dub­bel­bed ag­ter die ka­juit in­ge­rig wat dwars oop­slaan. Die ma­tras is 20 cm dik en die blad waar­op hy rus, is ’n laai­stel­sel met ge­noeg pak­plek. Hier is selfs ’n klein kom­buis­deel met on­der meer p­lek vir bor­de en be­kers.

Jy klim ag­ter met ’n drie­trap­leer in en die dak­ge­deel­te slaan op so­dat jy reg­op kan staan. Dit werk vir ons be­ter as ’n dak­tent waar jy met ’n leer tot by jou slaap­plek moet klim. (Ons S­no­mas­ter-ys-vries­kas staan in die ka­juit ag­ter die sit­plek.)

Dit neem skaars vier mi­nu­te om op en af te slaan. Boon­op pas hy in e­ni­ge mo­tor­huis, want die boon­ste deel van die ab­ba­wa is om­trent net so hoog soos die ka­juit. Hy het dus by­na niks gro­ter wind­weer­stand as ’n ge­wo­ne bak­kie nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.