Pie­ter sê

Weg! Ry & Sleep - - SLEEPTOETS - Pie­ter Crous ver­staan woon­wa­sleep. Dis wat hy dink...

Die Arteon is só mooi dat hy o­ral langs die pad die aan­dag trek. Ek is self lief vir meer spor­tie­we mo­tors. Tog hou ek daar­van om hoog te sit, maar met die sit­plek op sy hoog­ste stel­ling raak my kop teen die dak.

Die kar se vorm laat my dink aan ’n koe­peevorm, maar tog het hy vier deu­re. Ek moet sê vir dié klas voer­tuig het hy ’n ver­stom­men­de groot laai­ruim­te.

Die in­stru­men­te­pa­neel her­in­ner my baie aan dié van die Ti­guan wat ons twee maan­de ge­le­de ge­toets het. Hy het ver­skeie rit­mo­dus­se: In die Com­fort-ver­stel­ling voel die en­jin vir my traag, maar as jy hom in S­port druk, word hy lek­ker wak­ker. As jy dan die pe­trol­pe­daal weg­trap, re­a­geer die rat­kas en en­jin da­de­lik en die naald van daar­die

ki­lo­watt-me­ter­tjie in die mid­del­ste pa­neel swaai da­de­lik op tot 130 kW. Dán word al die krag uit­ge­stoot.

Die ve­ring is hard, en die la­e­pro­fiel­ban­de help ook nie vir ’n sag­ter rit nie.

Ek ge­niet die He­ad-up Dis­play waar die spoed­le­sing on­der meer voor jou teen die wind­skerm weer­kaats word. Jou spoed­le­sing is di­rek in jou sig­veld – iets wat in el­ke kar hoort.

Die Arteon is vir my be­slis die mooiste kar wat Volks­wa­gen nóg ge­bou het (dit geld vir bui­te én bin­ne), en baie men­se gaan hom bloot op grond van sy voor­koms wil koop. As ek ’n Arteon het, sal ek hom wel nie as sleep­voer­tuig in­span nie. Dis eer­der ’n sport­mo­tor. Tog het die toets ge­wys hy is meer as be­kwaam met ’n wa op die haak.

Die Arteon het ’n baie goeie prys, en ek moet sê vir my staan daar ‘Pie­ter’ oor die Arteon ge­skryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.