BRIE­WE

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - ELIZE EN SA­REL DE K­LERK Del­mas >

Ons be­sluit om Botswa­na en Na­mi­bië te be­soek en val in Ju­nie saam met my broer­hul­le, Frans en An­sie du P­reez, en my seun Fran­cois de K­lerk en sy vrou, Ni­co­le­ne, in die pad.

Die Pu­ros-kamp­plek dig­by die S­ke­del­kus is on­der meer in ons vi­sier. Die laas­te 80 km soon­toe is ’n 4x4-roe­te wat op en langs die Ho­a­ru­si­b­ri­vier­bed­ding loop. Ná die eer­ste 10 km slaan ons kamp op vir die nag wat voor­lê. Soos ons vor­der, sien ons die ran­de van die bed­ding het ’n nat­tig­heid en by de­le staan die wa­ter op­ge­dam.

Die vol­gen­de og­gend ver­trek ons be­tyds so­dat ons teen laat­mid­dag by Pu­ros kan wees. Kort-kort moet ons uit die ri­vier­bed­ding ry so­dat ons nie vas­val nie. Dit is ook dui­de­lik hier is nie­mand ver­by ná die on­lang­se re­ën­sei­soen nie. In­tus­sen ge­niet ons die in­druk­wek­ken­de berg­for­ma­sies. Teen 15 km/h gaan dit sta­dig, want hier is nie ’n pad om van te praat nie. Teen 3.30 nm. wys die GPS dis nog net 35 km tot by Pu­ros, en dit voel ook of die pad nou dui­de­li­ker word. As ons 30 km/h kan hand­haaf, sal ons Pu­ros mak­lik voor don­ker haal.

Frans ry voor ons en Fran­cois-hul­le volg ons, maar die vol­gen­de oom­blik val ons vas met die A­ma­rok. Ons haal die her­win­ningstoue uit en pro­beer die bak­kie uit­trek, maar dis as­of die nat sand die kar vas­suig. Boon­op lê die ar­me A­ma­rok nou op sy on­der­stel teen die sand. Ná meer as ’n uur se ge­suk­kel en ge­breek­te ki­ne­tie­se toue be­sluit ons om weer kamp op te slaan – ons sal mô­re be­gin gra­we. Ons slaap­plek is in ’n ab­ba­wa ag­ter­op die A­ma­rok, en ons moet die aand skoon skuins slaap soos die kar vas­ge­val het.

Net ná ses­uur die vol­gen­de og­gend be­gin ons vo­re gra­we om van die wa­ter by die A­ma­rok te drei­neer, maar die wal­le­tjies val in. Ons be­sluit om ’n ent weg ’n gro­ter gat te gra­we en dan hier wa­ter te skep so­dat die wa­ter soon­toe kan af­loop. Ons dra klip­pe na­der wat ons on­der die A­ma­rok wil pak soos ons die kar met ver­skeie dom­krag­te lig. Van die klip­pe dien ook as stut­plek on­der die dom­krag­te, en van hul­le sak selfs weg in die sand soos die dom­krag die kar pro­beer lig. Dan sit ons net nog ’n klip bo-op tot­dat die dom­krag nie meer weg­sak nie.

Na­der­hand kan ons die A­ma­rok hoog ge­noeg lig om klip­pe on­der die wie­le in te kry. Ná am­per ses uur kry die A­ma­rok vas­trap­plek om uit die bed­ding te ry en ons mik na ’n droë kol waar die man­ne kan stort.

Die vol­gen­de 30 km tot by Pu­ros draf ons kaf son­der voor­val. Hier ver­tel die kamp­ei­e­naar hy het hoe­ka die vo­ri­ge week twee voer­tuie gaan help wat ook vas­ge­val het. Een van hul­le het so­waar twee dae lank vas­ge­sit. Dit klink of ons ge­luk­kig was om net een nag ek­stra in die ri­vier deur te bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.