NUUS

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

S­te­alth Ca­ra­vans, ’n nu­we pad­woon­wa­ver­vaar­di­ger, het tot die plaas­li­ke mark toe­ge­tree. In die lig van die pro­ble­me by Jur­gens Ci waar­oor ons ver­le­de maand be­rig het, is dít goeie nuus vir plaas­li­ke sle­pers, en te oor­deel na die kwa­li­fi­ka­sies en on­der­vin­ding van S­te­alth se be­stu­ren­de di­rek­teur, Gar­ry Co­a­dy, weet hy dui­de­lik waar­voor hy hom in­laat.

Gar­ry het tot 18 maan­de ge­le­de so­wat 10 jaar lank woon­wa­rom­pe van ve­sel­glas aan een van die groot­ste bos­wa­bou­ers in die land ver­skaf.

Gar­ry ploeg nou sy kun­dig­heid te­rug, maar fo­kus dié slag op die mark vir ge­wo­ne pad­wa­ens. Die eer­ste mo­del, die E­vo­lu­ti­on XR6, is in groot­te ver­ge­lyk­baar met die S­pri­te Swing. Die bin­ne- en bui­te­kant van die pa­ne­le het ’n glas­ve­sel­laag oor ’n bin­ne­kant van po­lis­ti­reen­skuim, ’n ma­te­ri­aal wat reeks in Eu­ro­pe­se en Aus­tra­lie­se woon­wa­ens ge­bruik word.

Bui­ten die vloer en van die bin­ne-af­wer­king het die wa geen an­der hout­de­le nie. Om­dat die wa se pa­ne­le dus om­trent heel­te­mal van ve­sel­glas ge­bou is, word hul­le só aan me­kaar ge­las dat die romp ’n een­heid vorm – iets wat die moont­lik­heid van wa­ter­lek­ke uit­ska­kel.

Die E­vo­lu­ti­on se ko­nin­gin­groot­te ei­land­bed pas in die neus­kant met die kop­pen­ent aan die A-raam se kant. Die eet­hoe­kie ag­ter in die wa slaan plat tot ’n en­kel­bed. Die bui­te­kom­buis het ’n was­bak, gas­stoof en 220 V-krag­stel­sel. Die ys-vries­kas (158 ℓ) staan bin­ne en werk met 220V, maar die wa het ook ’n 12V-om­ska­ke­laar vir die wa­ter­pomp en LED-lig­te. Die E­vo­lu­ti­on het ’n op­wip­dak.

In dié sta­di­um gaan die E­vo­lu­ti­on by vier han­de­laars be­skik­baar wees: Lof­tus Ca­ra­van Ci­ty in Ran­durg, Kemp­ton Ca­ra­vans in Jo­han­nes­burg, Na­tal Ca­ra­vans & Ma­ri­ne in Pi­ne­town en Ty­ger­berg Ca­ra­vans in die Kaap.

Die sy­fers 5,276 (l) x 2,399 (b) x 2,096 m (h); tar­ra­ge­wig ’n ge­skat­te 1 110-1 200 kg; dra­ver­moë 300-400 kg; BVM 1 500 kg; 1 600 kg-as.

Prys Nog nie vas­ge­stel nie.

Kon­tak 031 713 8900 ad­[email protected]­fi­b­re.co.za >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.