Weg! Ry & Sleep

Eerste indrukke

Stealth Caravans is die nuutste padwaverva­ardiger in die land en ons het op Facebook gevra om jou indrukke oor sy prototipe, die Evolution XR6, met ons te deel.

-

Benita Trytsman

Het hy ’n yskas binne? Die buitekant lyk regtig mooi, maar ons is nie die binnekant gewoond nie. Dis goed so, want dinge kan nie vir altyd dieselfde bly nie.

Izak Holtzhause­n

Dis regtig pragtig. Die binnekant werk vir my.

Gerhard Besselsen

Ek hou nie van die klein opslaandak nie.

Pieter Le Maitré

Gaan hulle ook groot waens soortgelyk aan die Penta, Classique en Palma bou?

Marliese Olivier

Die buitekant is vir my mooi, maar daai kaste binne val nie regtig in my smaak nie.

Ané Kleu Zeelie

Daardie deurtjies met wit panele lyk net soos my ouma se kombuiskas­te.

Gerah Venter

Nie vir my nie, dankie. Dis heeltemal te duur.

Jan Henning

Daardie kragprop pla my. Hy moet aan die agterkant van die wa sit en nié reg langs die deur nie.

 ??  ?? Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
Volg @wegrysleep op Instagram en merk jou foto’s met #wegrysleep – ons publiseer dit dalk op ons profiel of op dié blad.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa