Mo­bi Lod­ge wys tent-son­der-pa­le

Weg! Ry & Sleep - - NUUS -

Mo­bi Lod­ge het pas sy Air Tent, ’n u­nie­ke stoeptent wat son­der pa­le op­slaan, be­kend ge­stel. Pleks van pa­le om die seil­pa­ne­le te span het die tent wind­bui­se wat aan die tent sy vorm gee.

Die tent strek oor die he­le leng­te van die wa – jy rits hom bo by die dak aan die romp vas waar­na jy die kom­pres­sor aan­ska­kel (wat in die Mo­bi Lod­ge in­ge­bou is). Die tent staan ná so­wat 4 mi­nu­te ste­wig en jy kry ook ’n los vloer saam (wat ook vas­ge­rits word). Die tent pas boon­op op ou­er Mo­bi Lod­ge-mo­del­le.

Le­on Ras van Mo­bi Lod­ge sê die pro­to­ti­pe het reeds die wind- en wa­ter­toets met vlie­ën­de vaan­dels ge­slaag. Die tent het aan die voor­kant drie deu­re langs me­kaar wat met gaas be­dek is, én dan ’n seil­deur wat kan weg­rits. Die tent is dus, net soos kon­ven­si­o­ne­le vol­ten­te, ’n los kom­po­nent van die Mo­bi Lod­ge. Dié tent is op­si­o­neel by nu­we wa­ens en die prys is nog nie vas­ge­stel nie. Kon­tak 082 899 9999 le­[email protected]­bi­lod­ge.com mo­bi­lod­ge.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.