Ge­mak op jou haak

Quantum Lei­su­re se Comfort-mo­del is nom­mer­pas vir ’n klein ge­sin. Hy het slaap­plek vir vier men­se én jy kan hom moei­te­loos met ’n mid­del­slag-nuts­voer­tuig sleep.

Weg! Ry & Sleep - - WOONWATOETS - Teks en fo­to’s Le­on Bo­tha

Quantum Lei­su­re het raak­ge­vat in die plaas­li­ke mark, en ná skaars ’n jaar se be­sig­heid moet dié ver­vaar­di­ger skar­rel om by te hou met die aan­vraag. Wan­neer jy Quantum se wa­ens van na­der be­kyk, ver­staan jy hoe­kom. Die vak­man­skap is uit die boon­ste rak. Die sterk­ste ei­en­skap van Quantum se pro­duk­te is die af­wer­king van die romp se bui­ten­ste laag. In teen­stel­ling met die ge­bruik­li­ke a­lu­mi­ni­um, ge­bruik Ju­rie Pie­naar, die man ag­ter die wen­re­sep, ve­sel­glas – iets wat ook in Eu­ro­pa die ten­dens is. Die sy­pa­ne­le, voor- en ag­ter­kant én die dak word uit ’n on­on­der­bro­ke strook ve­sel­glas ver­vaar­dig. Ju­rie ge­bruik wel a­lu­mi­ni­um en so­lie­de, wa­ter­we­ren­de ho­ë­digt­heid­hout in die struk­tuur waar die dak en kan­te by­me­kaar­kom.

Die bui­te­kom­buis ver­skil ook heel­wat van tra­di­si­o­ne­le pad­wa­ens s’n. Die toetswa se kom­buis is regs van die deur in­ge­rig, en wan­neer ’n mens in­klim, kry jy nog ’n ver­ras­sing na regs. Bui­ten die ei­land­bed aan die neus­kant is daar ook ’n sta­pel­bed ag­ter. Dít sien ’n mens nie in el­ke wa nie.

Al­kant van die deur

Links van die deur is ’n groot bui­te­kas, net die plek vir bon­ki­ge kamp­goed soos op­vou­stoe­le en krat­te. Dié ruim­te met sy deur­o­pe­ning van 76 x 39,5 cm strek 1,7 m on­der die bed in, wat be­te­ken selfs ’n 3 x 3 m-koe­pel­tent in sy sak – mét pa­le – pas mak­lik hier in.

In die reg­op kas regs van die deur is vier rak­ke waar­van die on­der­ste drie uit­ge­voer is met uit­ge­sny­de spons. Hie­rin pas die breek­wa­re. Ter­loops, op die wyn­gla­se is ’n net­jie­se “Q” ge­gra­veer vir ’n bie­tjie swierige de­tail, en selfs die ses kof­fie­be­kers het ’n u­nie­ke ont­werp, ook met ’n groot “Q” daar­op. Maar hier­op is ook ’n paar pit­ti­ge sin­ne ge­skryf, din­ge soos “Hier­die is ’n KAMPi­oen”...

Die ag­ter­kant van die drie boon­ste rak­ke is ook ’n deur, >

een wat aan die bin­ne­kant oop­maak as jy by­voor­beeld van bin­ne die wa af ’n glas wil by­kom om koel­drank te s­kink. On­der die kas is ’n ek­stras­mal dwars kas waar ’n gly­raam met ’n eet­ger­ei­laai uit­trek. (Op die nu­wer mo­del­le trek jy die gas­stoof hier uit, ook op ’n gly­raam.) Ko­pers kan kies of hul­le die gas­mo­del wil hê of ’n in­duk­sie­stoof.

Ju­rie het ’n u­nie­ke rak vir die was­bak­ke ont­werp: Dit trek heel regs uit die romp, met die bak­ke wat pa­ral­lel met die romp sit. As die rak uit­ge­trek is, kan jy die hoog­te ver­stel tot waar dit vir jou ge­rief­lik is.

Die LED-bui­te­lig is bo die reg­op breek­wa­re­kas en het twee ver­stel­lings.

Die een is die ti­pie­se hel­der wit­lig en die an­der ’n meer be­sa­dig­de o­ran­je. Die Comfort het geen kas­te in die reg­ter­pa­neel nie, maar die krag­prop se kop­pel­punt plus die 60 ℓ-wa­ter­tenk se kop­pe­ling is aan dié kant ge­ïn­stal­leer. Die neus­kas maak oop soos die kon­ven­si­o­ne­le wa­ens s’n en huis­ves on­der meer die gas­si­lin­der.

Op el­ke hoek van die wa is ’n ste­wi­ge ver­son­ke hand­vat­sel waar jy kan vas­vat om die wa te skuif na­dat jy af­ge­haak het.

Jy het nie ’n los trap­pie no­dig om in die wa te klim nie, want by die deur se on­der­kant is ’n ver­son­ke vlak waar­op jy eer­ste trap en ge­mak­lik in­klim.

Op ’n ei­land

Die Comfort se ei­land­bed is links van die deur soos jy in­klim. Die bed sit dwars, en wan­neer jy na die neus kyk, is die kop­pen­ent teen die lin­ker­pa­neel. Die een wat op die ver­ste kant slaap, moet dus regs om die bed loop. Die hoe­ke van die voe­ten­ent is di­a­go­naal weg­ge­sny vir meer staan- en loop­ruim­te om die bed. Die bed is 1,4 m breed (stan­daard-ko­nin­gin­groot­te) en 1,88 m lank.

Bo el­ke slaap­kant is ’n lees­lig­gie by die kop­pen­ent met ’n ver­stel­ba­re kop so­dat jy dit di­rek op jou boek kan laat skyn. Die ska­ke­laar van el­ke lig­gie sit by sy voet­stuk, en ’n mens kom dit mak­lik van die bed af by. Bo die lig­gies is twee oop rak­kies wat am­per lyk soos die gleuf van ’n pos­bus – dit is ’n ge­rief­li­ke plek om by­voor­beeld jou lees­boek weg te sit voor jy in­kruip. Ver­der boon­toe is twee gro­ter kas­te, elk met sy eie deur.

By die voe­ten­ent is ’n kas in el­ke hoek. Die reg­ter­kant­se een het ses rak­ke met ge­noeg pak­plek vir e­nig­iets van T-hem­de tot sok­kies, en in die een by die neus is daar nóg pak­plek.

Een van die drie LED-lig­te in die wa sit links van die kas­te bo die bed. Bui­ten dat dit ’n wa­si­ge laag het so­dat die hel­der tros­lig­gies jou nie ver­blind nie, werk die ska­ke­laar so­dra jou vin­ger aan die lig raak. ’n Krags­ok (220V) vir een drie­punt- en twee twee­punt­prop­pe is om­trent bed­hoog­te langs die ver­ste sla­per. Hier is ook een USB-sok. >

Stert se kant

Die bad­ka­mer is heel ag­ter links in die hoek met nog slaap­plek daar­naas in die reg­ter­hoek. Dit is nie ’n vol­le bad­ka­mer nie; daar’s net ’n klein ge­sig­was­bak en ’n kas­set­toi­let wat uit die kas skuif.

Die slaap­plek is ’n sta­pel­bed, wat heer­lik is vir twee kin­ders. Langs el­ke bed is ’n ven­ster wat net soos al die an­der ven­sters in die woon­wa oop­ge­maak kan word. Al se­we die ven­sters het skuif­gor­dy­ne voor plus ma­te­ri­aal­blin­dings wat van bo af laat sak word. Elk­een het boon­op ’n lees­lig­gie. Tus­sen die on­der­ste en boon­ste bed is daar 61 cm, en as jy op die boon­ste bed sit, is daar 55 cm tus­sen die ma­tras en die dak. Die boon­ste bed is 1,35 m bo die grond, en die bed­dens is 187 x 74 cm groot – dus ’n kort, smal en­kel­bed. Die een wat bo slaap moet klou­ter om op die bed te klim, want hier is nie ’n leer­tjie nie.

Tus­sen dié bed­dens en die bad­ka­mer is ’n reg­op kas wat 49 cm breed is en hang­plek bied. (Die kas­set­toi­let wat aan die bad­ka­mer­kant uit­skuif, neem die on­der­ste deel van die kas op.)

S­waar­ge­wig­te in die mid­del

Die Hi­sen­se-dub­bel­deu­rys­kas (239 ℓ) staan om­trent bo die as van die wa teen­aan die reg­ter­pa­neel en voor jou soos jy in­klim. ’n Lek­ker groot werk­blad (116 x 51,5 cm) is teen die muur regs van die ys­kas met krui­de­niers­kas­te bo teen die muur én on­der die blad. ’n Krag­punt trek soos ’n to­rin­kie links ag­ter dié blad uit. Die wiel­boog en gei­ser neem wel plek op in die on­der­ste kas­te, maar nie so dat jy bê­re­plek skort nie.

’n Me­la­mien­werk­blad (62 x 46,5 cm) is di­rek regs van die deur, en die kas­deur bo dit is die een aan die bin­ne­kant van die bui­ten­ste kas. Die an­der krag­prop­to­ring sit regs ag­ter in dié blad en dis ’n ga­we plek vir jou ke­tel, want die kof­fie­be­kers is by­der­hand in die kas. Net soos die an­der een het dié krag­punt plek vir twee drie­punt- en twee twee­punt­prop­pe.

Die mi­kro­golf­oond is om­trent oog­hoog­te voor jou (bo die­self­de blad) en een van die LED-aan­raak­lig­te is ook hier in die muur ver­sink.

Quantum Comfort

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.