So by my kool

Hout­skool of bri­ket­te? Par­ty men­se sal sê dit is soos om jou guns­te­ling­kind te moet kies. Ons het bin­ne twee dae 20 vure ge­stook om jou vol­gen­de braai­be­sluit ef­fens mak­li­ker te maak.

Weg! Ry & Sleep - - TOERUSTING - Teks en fo­to’s Ky­le Kock

Dink jy ooit oor die sak bri­ket­te of hout­skool wat jy gryp wan­neer jy haas­tig is om voor die Vry­dag­mid­dag ver­keer in die pad te val? Nie? Ons ook nie, maar ons het ge­re­ken dis tyd om ’n klomp ge­wil­de han­dels­na­me met me­kaar te ver­ge­lyk.

Ons het 16 sak­ke hout­skool en bri­ket­te ge­koop en som­mer ook 4 bok­se van ’n nu­we soort bri­ket met ver­skil­len­de a­ro­mas pro­beer.

Die toe­stan­de was die­self­de vir el­ke vuur, met ’n om­lig­gen­de tem­pe­ra­tuur van 20 ºC en die­self­de vleis­snit wat op el­ke pro­duk ge­braai is (’n ryp­ge­maak­te len­de­skyf van 1,5 cm dik wat ons vir 4 mi­nu­te aan ’n kant ge­braai het). Ons het ’n braai­put in vier ver­deel en die vleis op ’n roos­ter 16 cm bo die braai­plek se boom ge­braai. Al die vure het be­staan uit ’n 1 kg­ho­pie hout­skool of bri­ket­te en twee blok­ke B­litz.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.