Ab­strak­te plooie

Weg! Ry & Sleep - - JOU FOTO -

Hy moes tjoep­stil bly en nie roer nie, maar sy moei­te is be­loon met ’n mooi o­li­fant­fo­to, meen Hein Hen­ning van Brac­ken­fell.

“Ek en my vrou, Je­a­ni­ne, het vroe­ër van­jaar ’n draai by die Vic­to­ri­a­wa­ter­val ge­maak om ons 30ste hu­we­liks­her­den­king te vier. Ons het ook C­ho­be aan­ge­doen en op ’n boot­rit ge­gaan. Twee o­li­fan­te na­by ons het die ri­vier oor­ge­steek om op ’n ei­land in die wa­ter te wei. Die twee het so 30 treë ag­ter die boot ver­by ge­swem toe die ag­ter­ste een be­sluit hy wil ons van na­der be­kyk. Ons is aan­ge­sê om stil te bly en nie te be­weeg nie. Hy het op die boot af­ge­swem en eers baie na­by aan ons weg­ge­draai. Dis toe dat ek my ka­me­ra gryp en fo­to’s neem.”

Met daai log­ge lyf vol plooie is o­li­fan­te puik fo­to­ma­te­ri­aal. As jy ’n meer ab­strak­te fo­to van dié be­son­der­se die­re wil neem, is dit al­tyd ’n goeie plan om in te zoem en op ’n spe­si­fie­ke deel van die dier te fo­kus – net soos Hein hier ge­maak het. Om­dat ’n mens goed weet hoe ’n o­li­fant lyk, sien jy ge­noeg de­tail om die dier mak­lik te ei­en. Son­der dat ’n mens dit met die eer­ste oog­op­slag be­sef, trek die ag­ter­grond – die wa­ter­ge­deel­te regs – ’n mens se aan­dag en jou oog spring tus­sen die twee de­le.

As jy die wa­ter af­sny, ver­dub­bel die ab­strak­te aard van die fo­to tot so ’n ma­te dat jy vir ’n oom­blik mooi moet kyk om te weet waar­na jy kyk. So­dra ’n mens dit dan as ’n o­li­fant her­ken, is daar ho­pe de­tail wat jy in ver­skil­len­de hoe­ke van die fo­to sien en ge­niet: Van die ha­re by die oor en die twee kop­been­bul­te wat ’n mens on­der sy vel her­ken, tot die oog­lid wat lyk of dit van rub­ber is.

Om­dat die fo­to hoof­saak­lik een kleur het, trek niks an­ders jou aan­dag af nie en ’n mens kan net sit en staar na el­ke plooi­tjie en wim­per.

So­ny ∞230; 180 mm-lens (270 mm in 35 mm­for­maat); 1/320ste van ’n se­kon­de; f5,6; ISO 250

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.