Weg! Ry & Sleep

Verdwerg

-

’n Stoel wat die hemele in troon, kan nie wegkruip vir haar kamera nie, vertel Fredalaine Harmse van Hopefield.

“Ek het die foto by die Plaasmol-padstal net buite Hopefield geneem. Links op die foto is ’n groot stoel wat as Poplap se Stoel bekend staan. Die stoel is 11,5 m hoog, weeg 2,7 t en is glo die hoogste stoel in Afrika.”

Fredalaine se foto is ’n goeie voorbeeld van watter verskil die vorm van ’n mens op ’n foto kan maak. Wanneer jy die eerste keer na die foto kyk, is daar heelwat detail wat ’n mens herken, en dan sien jy die reguit lyne van die reusagtige stoel. Hier herken jy die buitelyne van twee mense, en skielik besef jy waarna jy kyk. Sonder die figure het jy nie ’n benul van die skaal nie, en ’n mens weet ook nie hoe ver of naby die boompies op die horison staan nie.

Die water onder is sinvolle negatiewe spasie in die komposisie, maar ’n mens kan ook die foto horisontaa­l middeldeur sny... wat ’n heel ander karakter aan dieselfde toneel verleen. www.weg.co.za

 ??  ?? Canon EOS 2000D; EF-S 18-55 mm-lens op 18 mm; 1/125ste van ’n sekonde; f8; ISO 6 400
Canon EOS 2000D; EF-S 18-55 mm-lens op 18 mm; 1/125ste van ’n sekonde; f8; ISO 6 400

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa