WOONWATOETS

Sherpa Lei­su­re se Tiny Lite Hi-Rider is k­lein, lig en nét die wa vir paar­tjies wat wil af­skaal en kamp tot hul­le nie meer kan nie.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Teks en fo­to’s Le­on Bo­tha

Sherpa Lei­su­re is be­kend vir die k­lein ve­sel­glas­woon­wa­ens wat hy vir paar­tjies bou. Bui­ten die Ram­bler, Sherpa se groot­ste wa­en­tjie, het sy an­der mo­del­le óf twee en­kel­bed­dens óf ’n dub­bel­bed, wat be­te­ken dis eint­lik maar ’n woon­wa­en­tjie wat hoof­saak­lik uit ’n bed be­staan.

Die ma­te­ri­a­le waar­uit die Sherpa-wa­ens ge­bou word, is net so ’n sterk plus­punt. Die romp be­staan uit ve­sel­glas, en al­mal weet dit is om­trent on­der­houds­vry, lig en on­ge­loof­lik sterk. En as jy her­stel­werk moet doen aan ’n ou­er mo­del, gaan jy nie suk­kel om e­ni­ge van die pa­ne­le te her­stel nie.

Ne­vil­le de Meil­lon, die man ag­ter die suk­ses van Sherpa, het nou die heel nuut­ste mo­del, die Sherpa Tiny Lite Hi-Rider, be­kend ge­stel. Dié wa­en­tjie is om­trent ’n kloon van die Tiny Lite, maar hy het gro­ter wie­le – 15” pleks van 13”. Om­dat die nood­wiel nou nie meer in die neus­kas pas nie, het Ne­vil­le ’n plan ge­maak met ’n swaai­raam by die deur.

Met sy gro­ter wie­le is die Hi-Rider dus meer as tuis op grond­pad, soos ons on­langs by Clan­wil­li­am aan die voet van die Se­der­berg uit­ge­vind het.

Voor­deur ag­ter

Die deur, wat uit twee de­le be­staan, is só ge­po­si­si­o­neer dat ’n mens die mees­te van die ruim­te in die wa kan be­nut. Die boon­ste deel van die deur slaan boon­toe op, am­per soos ’n bak­kie­kap se deur, ter­wyl die on­der­ste deel met die nood­wiel na regs oop­swaai. Sherpa maak sy eie los ve­sel­glas­trap­pie wat ’n mens by die ag­ter­deur sit om in te klim. Maak net eers die twee knip­pe by die ag­ter­hoe­ke van die op­wip­dak los voor jy dit aan die bin­ne­kant lig. Wan­neer jy die on­der­deur weg­swaai, het jy ’n o­pe­ning van ’n goeie 82 cm, wat selfs bre­ër is as ’n stan­daard­huis­deur. Die ko­syn se bo­kant is rond­om 1,3 m hoog, wat ’n mens ge­mak­li­ke plek gee om in te klim. Een van die twee lig­gies in die Hi-Rider sit ook hier teen die ko­syn. Dis ’n buis­vor­mi­ge LED-lig wat kan swaai as jy die skyn­hoek wil ver­an­der. Die an­der lig sit teen­aan die neus­kant bo die bed­dens en is soort­ge­lyk aan die een by die deur. Die stoep­dak­kie (1,3 x 1,8 m) is ook teen die op­wip­dak by die ag­ter­deur vas­ge­sit. Dis op­ge­rol in ’n sak wat met ’n rits­slui­ter toe­maak. As jy die stoep­dak wil uit­slaan, moet jy die sak oop­rits voor jy die dak lig, an­ders gaan jy suk­kel om by te kom. Hier­die dak­kie staan re­de­lik hoog bo die deur en is nie veel van ’n re­ën­skerm nie. Maar dit kom han­dig te pas as jy by­voor­beeld jou kamp­stoe­le vir die nag hier­on­der wil los so­dat dit nie nat dou nie. Die op­wip­dak lig net aan die ag­ter­kant waar ’n mens in­klim. ’n S­tut­paal­tjie pas in die lin­ker­hoek in – ver­al as jy die stoep­dak­kie uit­slaan so­dat dit nie die dak te­rug­trek na die romp se kant toe nie. Ter­loops, die boon­ste deur het ’n ruit in met gor­dy­ne wat kan toe­trek, en die on­der­deur het ’n slot aan die bin­ne­kant vir wan­neer jy snags in­kruip. As jy dan die bo­deur toe­maak, kan jy dit van bin­ne af sluit.

Kry jou staan

Draai heel eer­ste na­dat jy af­ge­haak het, die hoek­stut­te uit. As jy die stut­te nié uit­draai nie – spe­si­fiek die twee skêr­stut­te op el­ke ag­ter­hoek – gaan die Hi-Rider se neus lig wan­neer jy ag­ter in­klim. An­ders as in die mees­te an­der wa­ens sit die hoek­stut­te dwars on­der die romp, maar dit werk net so goed en mak­lik om met die slin­ger by te kom. Boon­op is vier hoek­stut­te op dié grootte wa am­per oor­bo­dig, maar ten min­ste staan hy so ste­wig soos ’n huis met ’n or­dent­li­ke fon­da­ment.

Ont­hou, die Hi-Rider het nie rem­me nie, wat be­te­ken as jy hom teen ’n skuins­te wil staan­maak, sal jy ’n klip ag­ter die wiel moet pak tot jy die hoek­stut­te af­ge­draai het. >

SHERPA TINY LITE HI-RIDER Ja­nu­a­rie 2019

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.