JOU FO­TO

Die kans om ’n mooi fo­to te neem is al­tyd daar... of jy nou rus langs die see, in die bos s­tap óf selfs gras­sny.

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD - Deur Le­on Bo­tha

Vat die spoor!

’n Mens dra ge­woon­lik jou sel­foon by jou, maar dis nie al­tyd vir bel nie, sê Ren­tia Lom­bard van P­re­to­ria.

“Ons het vir ons vier­de hu­we­liks­her­den­king ’n va­kan­sie in die K­waZu­lu-Na­tal­se kus gaan ge­niet en som­mer ook my man, Ja­co, se ver­jaar­dag ge­vier. Ja­co wou gaan kyk of hy ’n vis kan uit­trek en ons is strand toe waar hy in­ge­gooi het. Ek het sy spo­re in die sand ge­sien en be­sef dit sal ’n mooi fo­to maak.”

Fo­to’s van voet­spo­re op die strand is niks nuuts nie, maar die uit­da­ging is eer­der om dit só af te neem dat dit ’n mens se aan­dag op­nuut trek. Hier slaag Ren­tia met lof, want haar een­vou­di­ge en slim­ge­plaas­te de­tail sorg vir ’n wenfoto. Die en­ke­le voet­spoor voor in die raam­pie is heel­wat gro­ter as die an­der spo­re, en bui­ten dat dit die eer­ste spoor op die fo­to is – en boon­op in die mid­del – be­slaan dié spoor en sy di­rek­te ne­ga­tie­we spa­sie am­per die helf­te van die he­le beeld.

Dit is dus die fo­kus­punt van die fo­to, en as ’n mens na­der kyk, is dit prop­vol fy­ner de­tail. By die eer­ste spoor kan ’n mens sien hoe ’n paar los sand­kor­rels voor die spoor lê, en ’n mens weet dis sand wat Ja­co op­ge­skop het toe hy die vol­gen­de tree ge­gee het. Dit gee die fo­to lewe.

Wan­neer ’n mens ver­der van die fo­to af staan, sien jy Ja­co se fi­guur eer­ste raak. Dis wan­neer jy na­der kom dat die spo­re oor­neem en jou neem tot by sy arm wat hy krom hou. As jy dan nóg na­der kyk, sien jy die vis­stok se punt.

’n Vol­gen­de plus­punt is dat die fo­to van die voor­ste sand­kor­rel­tjie af tot by die ho­ri­son skerp is. Ge­woon­lik sal die ske­we ho­ri­son steu­rend wees, maar al die an­der e­le­men­te op die fo­to is sterk ge­noeg dat ’n mens dit oor­sien.

LG G6-foon; 4,03 mm-lens; 1/750ste van ’n se­kon­de; f1,8; ISO 50

Ja­nu­a­rie 2019

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.