Weg! Ry & Sleep

Mini-pizzas

-

Voer ’n jaffelpan met deeg uit en skep ’n lekker vulsel daarin voordat jy dit braai. Dit smaak amper soos ’n mini-pizza.

Jy benodig

(genoeg vir 6) 1 stuk (15 cm) chorizo of salami, fyngekap 1 blik (410 g) mielies, gedreineer 400 ml Ina Paarman se tamatie-en-basilie-pastasous 1 klein pakkie (500 g) bruismeel 1 blik (330 ml) bier ’n knippie sout

Só maak jy

1 Roer die chorizo, mielies en pastasous in ’n mengbak saam. 2 Gooi die bier en sout by die bruismeel en roer alles saam tot dit ’n deeg vorm. Gebruik ’n wynbottel om die deeg 3 mm dik uit te rol op ’n meelbestro­oide werkopperv­lak. Sny sirkels uit die deeg wat net-net groter is as jou jaffelpan. 3 Smeer die jaffelpan met botter en voer albei kante met die deeg uit – dit moet effens oorsteek. Skep van die chorizovul­sel in die middel en maak die jaffelpan versigtig toe. 4 Braai die jaffels oor die kole vir 5-10 minute aan elke kant (of gebruik ’n gasvlam). Die jaffels is reg as dit goudbruin buite-om en gaar binne is.

Weg Ry & Sleep sê Olywe, spek, oorskietbr­aaivleis, kaas... die moontlikhe­de vir hierdie mini-pizzas is eindeloos.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa