Weg! Ry & Sleep

Draf saam met die groot honde

-

Dié outjie van Outdoor Warehouse word dalk nie in dieselfde asem as meer gevestigde handelsnam­e genoem nie, maar dit beteken nie daar skort iets met sy gehalte nie. Die lense is met ’n deklaag behandel en die BAK-4porro-prisma sorg vir ’n duidelike driedimens­ionele beeld. Die tweekleur-afwerking beteken jy gaan hom nie maklik verlê nie. Prys R600 by Outdoor Warehouse. Gewig 815 g

Weg Ry & Sleep sê Hierdie is ’n goeie kopie as ’n mens sy vermoë teen ’n kleiner begroting opweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa