Weg! Ry & Sleep

Ysland

-

“Op 11 Junie vanjaar was alles spierwit buite. Ek wou uitgaan om foto’s van my kar te neem wat toe was onder die sneeu, maar by die hek sien ek toe ek is behoorlik ingegrende­l. Ek moes dadelik ’n foto neem om te wys hoe koud dit is, want ek moes die ysige slot met my vingers oopkry. Daardie oggend was dit -5 °C op Sutherland.”

Niks gee beter bewys van die werklikhei­d as ’n foto nie, en dit geld ook vir dié een wat Chantél geneem het. Maar buiten die ooglopende waarde daarvan sorg dit ook vir ’n interessan­te foto.

Omdat die kar in die agtergrond is, voel dit of ’n mens self agter die hekkie staan. Dit verleen dus diepte aan die foto, maar omdat die fokusvlak ook op die hekkie is, is die kar effens uit fokus. Daarom meng die sterk lyne van die voertuig nie in met die voorgrond nie en ’n mens weet dadelik waar om te kyk. Die vorm van die ryding is duidelik genoeg dat jy weet waarna jy kyk.

Die foto het basies geen kleur nie, maar danksy die lig van agter sien ’n mens meer detail op die foto – dinge soos die ys op die drade regs en op die ogiesdraad in die hekkie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa