Weg! Ry & Sleep

Compass brei uit

-

Die Rustenburg­se woonwaverv­aardiger Compass Off Road Trailer het 12 jaar gelede as ’n beskeie ondernemin­g begin, maar nadat die aanvraag gegroei het, het die eienaar, Piet van Niekerk, nóg hande ingekry.

Duan Myburgh het hom as vennoot by Piet aangesluit sodat hulle ’n gevestigde produksiel­yn op die been kan kry. As sake verloop soos beplan, word Compass se 62ste boswoonwa vroeg vandeesmaa­nd afgelewer. Sedert die totstandko­ming van die vennootska­p probeer Piet-hulle om waens in groepe van agt te bou waarvan die vervaardig­ingsiklus drie maande duur.

Piet sê hy het aanvanklik weggesprin­g met boswaens wat toegerus is met ’n daktent – waarvoor jy natuurlik ’n leer nodig het. Dit het vinnig ’n beslommern­is geword, totdat Piet ’n boswa ontwerp het waarbinne jy kan slaap. Later het hy ook vir van sy vriende waens gebou, en namate hulle lande soos Botswana besoek het, het hy saam met die raad van sy kampvriend­e die wa aangepas tot soos hy vandag lyk.

In wese bestaan Piet se wa uit ’n bed wat oor die disselboom uitvou, en as jy

’n wa met twee beddens bestel, vou die tweede bed uit die regterpane­el. Die deur sit op die agterhoek met die kombuisged­eelte links. Jy kan dus byvoorbeel­d die kasuitlegt­e of kombuisged­eelte volgens jou behoeftes bestel – dít sonder dat die prys beïnvloed word.

Die onderstel is van staal met ’n poeierverf­laag, en die res van die wa – die panele en deure – van aluminium wat ook ’n poeierverf­laag kry. Die standaardw­a word toegerus met onder meer ’n 90 ℓwatertenk, ’n 3 kg- en 5 kg-gassilinde­r, ’n tweeplaatg­asstoof, matras, ’n glyraam waarop die ys-vrieskas pas, ’n 270°-stoepdak, staanplek vir ’n kassettoil­et, loodgieter­swerk vir koue en warm water (binne

én buite), ’n ruim neuskas en ’n noodwiel. Diewaislae­ras2m,watbeteken­hypas in ’n standaardm­otorhuis. Die opwipdak self lig 65 cm.

Items vir die woonwa soos die ys-vrieskas, stort, battery, noodwielsa­k en seilsakkie­s vir die deur is opsioneel.

Die syfers 4,69(l)x1,8(b)x1,95m(h); tarragewig 860 kg; dravermoë 940 kg; BVM 1 800 kg; 2,5 t-koppelstuk; 1,6 tgeremde as en 16”-wiele.

R175 000 (dubbelbed);

R185 000 (2 dubbelbedd­ens)

072 421 6815 compassoff­road. info@compassoff­road.co.za >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa