Weg! Ry & Sleep

Kortliks | Nossob

Adéle en Jasper Dreyer en hulle seun, Josua, kom van Port Elizabeth en kamp met hulle 2007 Toyota Hilux V6 4.0 met ’n daktent op hulle RhinoCab-kappie asook ’n koepeltent.

-

Kampplek 20 gewone staanplekk­e ver uitmekaar op ’n vlakte met koeltebome, en 10 luukse staanplekk­e, elk met hulle eie badkamer en ’n afdak vir koelte. Ablusieger­iewe Netjiese geriewe langs die eerste kamp met sy 20 staanplekk­e, en eie geriewe by die luukse staanplekk­e. Prys Afhangend van die seisoen en ’n gewone of luukse staanplek R360R715 p.n. vir die eerste 2 mense. Daarna R94-R170 p.p. (R47-R85 vir kinders). Kampeerder­s sonder ’n Wild Card betaal ook ’n bewaringst­arief van R96 p.p.p.d. (R48 vir kinders). Hoogstens 6 mense per staanplek.

Aankoms- en vertrektyd 14:00 en 10:00. Kontak 054 561 0903 (Nossob),

012 428 9111 (sentrale bespreking­s)

reservatio­ns@sanparks.org

Afstand na Twee Rivieren 158 km (4½ uur se ry).

GPS S25.421411 E20.597278

Ry & Sleep sê Die swembad is langs die eerste kampdeel en soortgelyk aan die een by Mata Mata.

“As gesin het ons die eerste keer in 2013 in die Kgalagadi kom kamp. Ons dogter, Dominique, was ook saam en ons het ’n draai gemaak by al drie die kampe.

Sedert 2015 kamp ons elke Desember hier. Dit voel of die mense wat by Nossob kamp, langer staan as by die ander kampe.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa