Weg! Ry & Sleep

Die lang pad na ons wintertuis­te TINUS GROBLER Somerset-Wes

-

Verlede jaar se winter breek aan en ek en my vrou, Tersia, vertrek uit Somerset-Wes na ons wintertuis­te, Marlothpar­k in Mpumalanga. Om seker te maak ons kom vroeg die oggend weg het ek ons Skipperwoo­nwa en Toyota Fortuner die vorige aand al gepak. Daar’s egter ’n haakplek: Toe ek die oggend die ys-vrieskas van 220 V na die Fortuner se 12 V oorskakel, is daar ’n doodsheid oor die yskas wat my herinner aan beurtkrag. Die vrieskas is boonop vol vleis en ek moet vinnig plan sien. Ek kry geen fout nie en kry ’n outo-elektrisië­n om te help. Hy stel vas dit is ’n kortsluiti­ng by die vrieskas en sien dit gou reg. Ons kom weg en trek in by die Dassiesfon­tein-padstal naby Caledon waar ’n mens alles en nog wat kan koop. Met ’n vars brood, pas uit die oond, en ’n blok plaasbotte­r is ons vort en ons hou stil by die eerste rusplek langs die pad. Hier geniet ons die heerlike brood en botter. By Swellendam draai ons in by die Bontebokna­sionale park. ’n Vriendelik­e man help ons in die kantoor en ons ry tot by die kampplek waar ons nesskop. Soos by die meeste van Sanparke se kampplekke is die badkamerge­riewe baie skoon en netjies. Terwyl ons braai, kom maak ’n muskeljaat­kat ’n draai, maar uiteraard deel ons nie ons tjoppies met die besoeker nie. Nadat ons die park verken het, vertrek ons Hartenbos toe. Hier slaap ons by ons vriende Freddie en Gerda Strauss, want die volgende dag is dit tot by Tsitsikamm­a, wat deel is van die Tuinroeten­asionale park. Aanvanklik het ons net vir twee nagte bespreek, maar met ’n staanplek so teen die see waar jy die branders behoorlik kan voel, ruik, hoor en sien, besluit ons om langer te bly. Net soos by Bontebok is die badkamerge­riewe ’n plesier. Patensie is volgende in ons visier, waarna ons die Baviaanskl­oof wil aandurf. By die hek sê die vriendelik­e beampte die pad is nie regtig bedoel vir woonwaslee­p nie. Tog besluit ek om deur te druk met die Skipper. Ons slaan kamp op by Doodsklip en die kamptarief is

omtrent dieselfde as wat ons by Sanparke betaal het die afgelope kamp of twee. Maar hierdie staanplek is skoon vaal en ’n mens moet teen ’n bult uitklim om by die puttoilet uit te kom. Die volgende dag is dit verder die berge in, oor klippe en deur dale, tot waar een padwerker ons afraai om verder te ry met die Skipper. Maar hier is nie omdraaiple­k nie en ons druk deur. Ná al die gestamp en skud het die Skipper se deurknip losgesprin­g, wat beteken water het by die deur ingeloop waar ons deur die rivier gery het – dit was die ergste skade. Ná twee dae se kruip teen 5 km/h kan ek net sê die Fortuner en Skipper het hulle kant gebring – julle is tops! Om die Baviaans te ry was nog altyd een van my lewensdrom­e. Dit is ’n ongeloofli­ke mooi en ongerepte stuk aarde. Graaff-Reinet is volgende, waar ons weer by ’n Sanparke-kampplek, Kamdeboo, aandoen. Ons daag om 19:00 op en die kantoor is al toe, maar die sekerheids­wag laat ons deur. Natuurlik is die staanplek goed versorg, en dieselfde geld vir die badkamers. Nog net een oorslaap op Maselspoor­t naby Bloemfonte­in lê voor, want môre is ons tuis in ons winterhuis.

 ??  ?? Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbeso­nderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbeso­nderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa