Weg! Wilde Plekke

CHRIS VENTER, Kleinmond JANCO SCOTT, Hoedspruit

-

Chris: Ek het daarvan gehou dat ons min wild gesien het wat dan nog ook vinnig weggehol het. Dis nie soos in die Kruger waar die diere gewoond is aan al die karre nie. Jy waardeer dit wat jy sien meer.

’n Bos-ervaring soos hierdie help jou om ’n bietjie perspektie­f te kry op die lewe daarbuite.

Janco: Op hierdie toer kry jy as Suid-Afrikaner iets van ’n Botswana-ervaring, maar jy hoef nie so ver te ry nie en jy hoef ook nie deur ’n grenspos te sukkel nie. Die dinamika van die verskillen­de habitatte – van dorre dele tot woudagtige gebiede – is ook iets wat jy nie in Botswana kan ervaar nie.

 ?? ?? Oorkantste blad, kloksgewys van links bo. Adam Baugh en Jake Searle ontspan langs die kampvuur op Letaba Ranch; Die tweespoorp­ad in die Makuya-natuurrese­rvaat is op sommige steil plekke met geplaveide klippe uitgelê om rywerk te vergemakli­k; Daar is tiervis in die Luvuvhuriv­ier – bring jou stok en kunsaas saam! Chris Venter en Janco Scott bo-op die kwartsiets­tapel van die Sable-koppie by Letaba Ranch.
Oorkantste blad, kloksgewys van links bo. Adam Baugh en Jake Searle ontspan langs die kampvuur op Letaba Ranch; Die tweespoorp­ad in die Makuya-natuurrese­rvaat is op sommige steil plekke met geplaveide klippe uitgelê om rywerk te vergemakli­k; Daar is tiervis in die Luvuvhuriv­ier – bring jou stok en kunsaas saam! Chris Venter en Janco Scott bo-op die kwartsiets­tapel van die Sable-koppie by Letaba Ranch.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa