Weg! Wilde Plekke

PADTOESTAN­D EN ROETES

-

Al die paaie in Mokala is grond, maar heeltemal rybaar in enige 4x2 met ’n bietjie grondvryho­ogte. Die hoofroete tussen die Mosu- en Lilydale-ruskamp is gewoonlik in ’n goeie toestand en die meeste wild is hierlangs te sien. Die Doornlaagt­e-, Kameeldori­ng- en Knietjie-sirkelroet­e is almal mooi opsies langs die hoofroete.

Hier is ook twee kort 4x4-roetes (3,5 km elk) nader aan Lilydale. Dit is egter heel maklike tweespoorp­aaie wat ook in ’n 4x2 gedoen kan word. As jy by Lilydale oornag, is die Vaalbossir­kelroete ’n mooi uitstappie teen laatmiddag. Hopelik is die uitkykpunt met sy houtdek binnekort weer reg, want dit is waar jy teen sonsonderg­ang wil wees.

Indien jy by Mosu- of Motswedi-kamp oornag, is die Tsessebe-pad ’n goeie keuse om laatmiddag te ry. Die Matopi-sirkelroet­e loop deur pragtige veld met baie kameeldori­ngs en witgatbome en jy gaan waarskynli­k ’n troppie kameelperd­e te siene kry.

Mokala het twee piekniekpl­ekke: Matopi (my gunsteling) en Kameeldori­ng. Albei het piekniekta­fels, braaiplek en ’n toilet.

 ?? ?? ’n Bergskilpa­d by die Rooikolwat­ergat.
’n Bergskilpa­d by die Rooikolwat­ergat.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa