Weg! Wilde Plekke

MARTIE EN ERNST FISCHER Pretoria

-

Martie: By Kosibaai se riviermond­ing hou Suid-Afrika op, maar ’n nuwe wêreld gaan daar vir jou oop. Ons kon die bloue mere met hulle visfuike geniet deur te kajakroei en te snorkel, maar die wonderliks­te ervarings was om te sien hoe die klein seeskilpad­jies uit die sand “borrel” by Bhanganek. Ernst: Jy kon dit aanvoel in die stilte in die voertuie toe ons terugry nadat ons die seeskilpad­jies gesien het. Dit is iets wat by jou bly, die wonder van daardie klein diertjies se epiese stryd om by die veiligheid van die see uit te kom. Die een oomblik is dit daar tussen die skuim, en die volgende oomblik is dit weg. Sal sy dalk eendag weer hier uitkruip om haar eie eiers te kom lê? Wie weet...

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa