Weg! Wilde Plekke

Bontebok- nasionale park

-

Bontebokke het nie ’n saak met besoekers aan dié gedugte klein park naby

Swellendam nie. Hulle wei op die gras tussen die chalets of staan in die skaduwee van ’n koelteboom in die kampterrei­n. Tussen Augustus en September is hier ook volop lammetjies in die reservaat.

Die Breërivier is die ander trekpleist­er; bring soveel waterspeel­goed as moontlik. Onthou, dis ’n propperse rivier en kinders moet onder toesig swem.

As die kinders moeg gedryf is op die opblaasfla­mink, kan julle ’n kajak stroomop by die uitkykdek of Die Stroom-piekniekpl­ek te water laat en terugroei ruskamp toe.

Hier’s vier kort staproetes (van 1,6 km tot 5,4 km). Die Aloe Hill-roete (3,3 km) begin in die verste hoekie van die onderste kampterrei­n en is byna heelpad gelyk. Kinders wat gereeld stap, sal dit maklik kafdraf. Andersins, pak ’n paar jellielekk­ers as afpersmidd­el in. Onthou water. Die paadjie kronkel al langs die rivier af verby groot aalwyne tot by ’n uitkykpunt, deur ’n stuk digte oewerbos en swenk dan “binneland” toe. Terwyl julle oor die oper vlaktes stap, kan jy die kinders vermaak met pretfeite oor die park (sien kassie). Namate julle weer nader aan die ruskamp kom, stap ’n mens verby ’n omheinde kol – dis waar kaptein Lang Elsie en haar volgelinge gebly het.

Waar bly ek? Lang Elsie’s Kraal-ruskamp is versprei oor twee vlakke. Die selfsorgch­alets en ruim kampterrei­n is op ’n hoogtetjie. Die huisies het ’n uitsig oor die rivier en die Langeberg.

Na my mening is die beste blyplek die paar staanplekk­e onder op die oewer van die rivier. Jy kamp op ’n welige grasperk en die rivier maak ’n wye draai – dit lyk skoon soos die Amasoneriv­ier! Dié staanplekk­e het egter nie krag of skaduwee nie en is ’n ent van die gemeenskap­like badkamers af. (Hier was baie duwweltjie­s tydens ons besoek – pak plakkies in!)

Koste Kamp: vanaf R285 p.n. sonder krag vir twee mense, R100 per ekstra persoon en R50 per kind, slaapplek vir ses. Chalet: vanaf R1 675 p.n. vir twee mense, R290 per ekstra persoon en R145 per kind, slaapplek vir vier of ses mense.

 ?? ?? Kontak 0766485397(navrae); 0124289111(bespreking­s); sanparks.org Daaglikse bewaringst­arief R50 p.p. en R25 per kind.
Kontak 0766485397(navrae); 0124289111(bespreking­s); sanparks.org Daaglikse bewaringst­arief R50 p.p. en R25 per kind.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa